BIE VIR MY HART HOOFSTUK 12
SY KOM AMPER HAAR MOSES Teë HOOFSTUK 12
Elmey merk nie eers die skoonheid om haar nie. Lusteloos dwaal sy deur die pragtige groot bome wat koelte versprei, die LM gras is lowergroen en vorm n groen tapyt onder die bome. Oral staan daar bankies met tafeltjies vir die gerief van gaste wat wil kamp. Lank dwaal sy net, gaan dan moeg op een van die bankies sit, wat ’n ruatige atmosfeer, dink sy.
Haar gedagtes is ’n warboel. So na aan ’n tronksel was sy nog nooit, sy sidder by die blote gedagte daaraan en sluit haar oë dankbaar. Dis so heerlik hier onder die koel-te bome, sy sluit haar oë wat op aarde gaan sy doen?
“Mag ek sit ? Vra die mans stem langs haar.
Verbaas kyk sy op vas in die gesig van n blonde reus. “Hoeveel bankies sien jy hier rond?” Vra sy vies.
“Maar ek wil hier sit.” Sê hy en plak hom langs haar neer.
“Wel dan skuif ek maar…”
“O nee, jy gaan nêrens.” Hy vat haar arm vas en trek haar terug. “Jy gaan nêrens Poppie, jy bly net hier by my, ons twee het ’n sakie om af te handel, of hoe?” Hy gryp haar ander hand toe sy hom probeer klap. “Nee my meisie ons gaan mos nie baklei nie, gaan ons?” Hy druk haar terug, met haar hande styf vasgevat, sis hy. “Ons gaan bietjie hoër op, berg se kant toe, wat sê jy? Moenie probeer skree nie, nee, nee, ek wil jou nie seer maak nie nê. Kom nou mooi saam.” Hy trek haar met geweld op…
Sy besluit om te skree. “Moenie vir jou simpel hou nie, ek kon jou ma wees.” Sê sy hard…Die volgende oomblik sak die man met ’n kreun langs haar neer.
“Jammer vir die Mevrou.” Die wag geklee in ’n donker blou uniform staan agter hulle. “Ek het vroeër gesien u wandel hier rond, ek het u nie agtervolg nie hoor, ek stap maar altyd deur die woud mens weet nooit. Ek mos net eers seker maak hy is lastig.” Hy kom voor haar staan. “Het u seer gekry Dame?” Sy kyk na sy naam plaatjie.
“Wel Petrus, ek is baie dankbaar jy’t hier opgedaag. Wou net skree dat die berge my ant-woord gee, maar hy sou verseker my mond toedruk.”
“Kan ek jou terug vergesel Dame?” Vra hy beleefd
“Nee wat, hanteer jy maar die vent ek sal regkom.” Sy kyk terug, die man lê nog net so.
“Moenie jou oor hom bekommer nie dame, hy sal ’n rukkie vat om by te kom, ek het hom miskien bietjie te hard geslaan, maar ek sou sê hy het daarna gesoek?” Sy hoor hoe hy die polisie skakel. Sy besluit om liewer terug te stap. Dit is al laat. Sy is in elk geval vaal geskrik en bewe so groot as wat sy is. Dit ook nog! Vreedsame bos…! Is mens nêrens meer veilig nie? Ril sy.
Wat gaan sy doen? Sy kannie weer die oumense so ontstel nie, so dus by Oupa of Mamma, kan sy nie om raad gaan vra nie. Die tyd sleep verby, dis reeds laatmiddag toe sy terugstap, met nog geen idee van wat sy gaan doen nie. Sy het beslis lunch gemis.
Sal sy verkoop en terug gaan verpleeging toe? Sy sal in haar lewe nooit terugkry wat sy in die sentrum belê het nie, want haar hele hart is in die plek en in die plaas? Sy het al ’n kwart van haar erfgeld gebruik om die veranderings aan te bring. Waar sal sy gaan bly, in ’n woonstel? ’n Beknopte spasie en wat maak sy met Bruno, Koei en die ander diere?
Sy bereik haar kamer net betyds vir aandete, vir mense is sy nie lus nie, sy sien die TV in die kamer, daarvoor is sy nog minder lus. Daar’s ’n klop aan die deur. Sy skrik.
“Wie is daar?”
“Mam,” dis weer dieselfde stem. Sy maak die deur oop.
“Kan ek help Joos?” Lees sy die naam van sy bors af en hy glimlag, jy sien net tande.
“Petrus, vertel ek moet op Ma check die man het moles gemaak by die bos. Kan ek vir Ma ’n koffie bring, moet ek die kliniek suster stuur om te kom check. Hoe voel die Mam?”
“Nee wag nou Joos, ek’s okay dankie, ek kan julle diens regtig aanbeveel.”
“Ek sien die Ma se kar staan nog hier, jy’t nie lunch time kom eet nie, moet ek vir jou bring?”
“Dit sal gaaf wees Joos, jy’s baie oplettend hoor.”
Dis nie jare nie of Joos daag op en bedien haar met ’n driegangmaal. Sy geniet die heer-like sop, daarna ’n groente bord en ’n smaaklike nagereg, drink haar koffie en stoot die trollie na buite.
Sy sit die ‘moenie steur bordjie’ buite op en sluit die deur. Besluit om te gaan stort. Sy het voorwaar ’n Engel wat oor haar wag hou. Eers spring sy die tronk met ’n haarbreete vry en amper word sy nog aangerand in die wonderlike bos.
Sy sal môre terug gaan en sommer in die sentrum slaap. Sy kan self skoonmaak en Maan-dagoggend vroeg gou vir Flora gaan haal, mymer sy tewyl sy haar hare afspoel. Lank staan sy en was die skok af. Sy draai om en om onder die stort en was die onseker en die weet nie wat nie, uit haar kop uit. Sy klim uit en droog af, gooi haar nat hare agter toe en skel haarself hardop.
“Wil jy nou sowaar weer soos in die verlede weghardloop en kaal anderkant uitkom. Wat makeer jou vroumens. Staan op en droom jou droom. Dis joune, jy het hard gewerk!”
Waar sal die volk heen gaan? Mense saam met wie sy groot geword het, die twee oumense wat haar oppas asof sy hulle eie kind is?” Sy gooi die borsel onnodig hard in die tas.
Nee! Ek verkoop niks en ek gaan nêrens. Dit is my droom en niemand steel dit weer van my nie. Na die duiwel met almal! Sy klap die tas se deksel toe, sy weet nou.
Sy voel verfris helder, môre gaan sy na haar plaas toe. Sy en flora kan Saterdag gaan skoonmaak en Maandag begin hulle werk. Met helderheid oor wat sy gaan doen kniel sy langs haar bed.
“Dankie Vader vir U genade en geduld met my, dankie vir U beskermd hand oor my, baie dankie vir die onbekende verkeersbeampte wat my gehelp het. Sommer net dankie vir helderheid oor wat om te doen, wees so ook verder met my. Amen!”
Helder van denke, seil sy tussen die koel lakens in en raak feitlik onmiddelik, rustig aan die slaap.
HY VIND HAAR
“n Harde gehammer aan haar deur laat haar regop vlieg. Wat op aarde gaan aan?
“Wie’s daar?” Vra sy angstig en kyk op haar horlosie, drieuur vm.
“Polisie, maak asseblief oop mevrou.”
“En ek sal nou hoe weet wie jy is?” Kan nie oor die spoed wees nie dink sy be-noud.
“Mevrou, dis meneer Barnard, die hotel bestuurder jammer vir die ongerief, hulle wou nie môre oggend terugkom nie. Dit is Sersant Greef hier by my.”
“Wag ek kry my kamerjas,” sy grou is die tas, kry wat sy soek en maak die deur oop.
“Dankie Vader jy’s veilig,” storm Roelf op haar af toe sy die deur oopmaak, hy wil haar omhels van blydskap, maar sy stamp hom weg.
“Sersant het ek iets fouteer, hoekom soek u na my?” Sy wonder hoe hy geweet het waar sy is.
“Mnr de Lange het u as vermis aangemeld mevrou en ons moes seker maak u is die regte persoon en veilig. Konstabel van Zyl van die Metro polisie het jou herken op die foto wat ons uitgetsuur het. Hy het gesê jy het ’n gastehuis gesoek en hierdie een was die naaste.”
“Hy was werklik baie hulpvaardig,”antwoord sy sag. “Soos u kan sien ek is veilig, so gaan nou maar, hou net daai vent weg van my af !” Niemand hoef te wonder van wie sy praat nie. ’n Ongelooflike dankbaarheid teenoor die onbekende konstabel styg in haar op.
“Elmey,” kom ’n baie moeë stem.
“Ons het niks vir mekaar te sê nie.” Sy draai na die hotel bestuurder toe.
“Meneer kry die mense hier uit, voordat die hele gang wakker is asseblief.Sy draai om maak die deur toe en sak teen die deur af, sit met haar kop op haar knieë skoon verward en nugter geskrik.
Hy het haar sowaar gesoek, aangegee as vermis. Sy kan dit nie glo nie. Hy lyk so moeg. Wanneer laas het hy geëet of geslaap? Sy gesig is skoon vervalle.
TERUG RIT
Wat makeer jy vroumens, spreek sy haarself aan, dis nie jou probleem nie. Sy eks sal altyd in die prentjie wees. Nee, sy deel nie weer nie, sy loop die pad liewer alleen.
Sy gaan lê op die bed, nodeloos om te sê sy kannie weer slaap nie. Sy staan op en trek aan, pak alles op en gaan sit dit in die kar. Gaan lê weer op die bed en wag vir seweuur.
Sy sluimer tog weer in en skrik wakker toe die ontbyd klol lui. Sy kam haar hare tel haar handsak op en stap ontbytsaal toe.
“Môre Mam, ek is bly om te sien die Ma join ons vanoggend. Volg my ek help jou vinning. Hy ly haar in ’n koel goed versorgde eetkamer in. Ligblou is die oorheersende kleur en laat die plek nog koeler lyk, verder is dit gedek met spierwit tafeldoeke en ser-vette en blink eetgery. Joos trek vir haar die stoel uit.
“Bring ek eers koffie Mam?” Vra hy beleefd.
“Asseblief Joos en sommer julle gewone ontbyt.” Sy sit die servet op haar skoot en beskou die plek, alles netjies, tot die waiters is in blou geklee en pas mooi in.
Na ontbyt los sy ’n stywe fooi vir Joos en maak seker hy dit kry. Hy spreek sy spyt uit omdat sy hulle so gou verlaat. Kyk dis nie aldag wat hy so ’n stywe fooitjie ontvang nie.
Dankie Moos, hou aan met wat jy doen, jy’s goed daar in. Sy glimlag stap toonbank toe en betaal haar rekening. Daai spietkop kan haar maar stop vandag, glimlag sy by haarself.
Sy stop in haar spore toe sy hom sien. Moeg leun hy teen sy bakkie wat net ’n motor van hare af staan.
“Jy’t nie gedink ek gaan jou net weer laat gaan nie, het jy?”
“Waar kom jy vandaan en waar het jy geslaap?” Moedeloos laat sak sy haar sak.
“In die sitkamer, die stoele is darem gemaklik en dit was net van drieuur af.”
“Het jy niks beter om te doen met jou tyd nie?”
“Nie waaraan ek kan dink nie, van Zyl het my vertel teen watter die spoed jy gery het hoor, jy sal die plaas moet verkoop om die boete te betaal.” Sy hoor ’n flou laggie.
Sy sluit die kar oop, klim in en slaan die deur onnodig hard toe. Sy weet hy sal nie ry voor sy ry nie.
“Die deur pas nie aan die anderkant nie okay,” hoor sy hom sê.
Wat voel sy nou eintlik, sy weet nie. Is sy bly hy het haar kom soek, of is sy kwaad? Al wat sy weet is hy gaan nie ry voor sy ry nie. Sy hoef nie eers in haar truspieël te kyk nie, want hy volg haar soos ’n neut. Soms ry sy aspris baie stadig maar dit help niks hy ry ook net so, tot sy sien dit help nie.
BLYE WEERSIENS
Daar’s niemand blyer as syself om tuis te kom daardie middag nie. Henna omhels haar met ’n snik.
“Nee Mme jy maak nie weer so nie, die ou hart hy is nie meer goed nie.”
Daniël staan eenkant, sy hoed opgevromel en trane is sy oë, die ouman lyk moeg.
“Ek is jammer Daniël, sal nie weer nie, sy druk sy hande saggies.
“Morena Roelf was amper mal, ons het van Woensdagmiddag nie geslaap nie, net gesoek, as jy nog dink jy slaap, kom hy check of alles sharp is.”
Die ou siel is so moeg sy voel soos ’n vark. Sy het net aan haarself gedink. Sy kyk hek toe daar’s nog niks. Hoekom sal hy? Hy skuld haar niks.
HENNA VOORSIEN HAAR VAN INLIGTING
Sy bars amper uit van die lag toe Henna haar, natuurlik in oortreffende trap, begin vertel wat Elsie aan haar oorvertel het. So kry sy die ware verhaal van wat daardie ou Jaar gebeur het.
“Nannies Mme, Elsie sê sy het hom nog nooit so kwaad gesien nie en sy ken hom. Hy het die kamer se deur oopgeskop, die hare vrou in die kar gesmyt met haar sak en al en haar in haar peetjie gestuur.” Sy vee die sweet met haar voorskoot af. “Hy sê sy kan met haar dronk lyf in ’n paal gaan vasry.”
“Truse Mme, hy was bedonner, jy moenie skeef trap nie, amper hy het Tabego gedonner omlat hy die koei nie ordentlik uitgemelk het nie.
“Mme kannie met die gemors sit as sy terugkom nie,” het hy geskreeu.
“Nee kyk hy was moerig glo my…” Daniël is net so moeg “Hy moes die veearts phone want Koei wou nie eet nie en ons bang haar…”
“Wat weet hy van ons melkery af?” Sy’s skoon verbaas, “kom ons gaan dadelik kyk wat koei makeer, laat ek somme kos saam vat.”
“Hy het kom inspeck vanlat hy van die Vrystaat af gekom het first time, alles moes net sharp gaan. Toe jy weer hol hy het jou gaan soek, niemand kon slaap nie almal moes net move.”
”Kom Henna laat ons aflaai, roep Flora ons sal môre gou die sentrum gaan skoonmaak.” Skuldig stap sy kar toe, kyk hek toe nog niks, wel sy is mos nou tuis, hy skuld niks meer nie, hy het haar eintlik nog nooit iets geskuld nie. Sy het hom genoeg moeite aangedoen.
“Mme Flora is nie hier nie, mos sy’s het by die job gaan slaap, wil skoonmaak voor julle begin werk. “Nou Mme, het ek verkeerd gepraat?” Vra ’n verbaasde Henna toe Elmey begin huil.
“Nee Henna ek wonder net wat ek gedoen het om julle te verdien? Hulle kom by die kraal en Koei kom dadelik toe hy haar stem hoor. Sy voer haar bietjie, sit dan die kos neer. “Jy moet eet ou grote jy gaan mamma word onthou?” Daniël skud net sy kop as Koei rustig begin vreet. Elmey se trane loop.
“Nonsens, hou op met tjank, jy’s soos ons eie en ons is lief vir jou.” Henna vat haar om die skouer en sê: “Los daai goed ons sal indra, laat ons iets in daai lyf van jou kry.”
Nee en ding is verseker, hierdie plaas kan en sal sy nooit verkoop nie. Dis huis hier-die, die tuiste van baie mense.
HERONTMOETING
Sy stap in die koel verterk binne en voel of sy nog nooit weg was nie. Net haar drome lê in vlenters. Met ’n dowwe hartseer gevoel stap sy deur die koel huis alles netjies op sy plek, sy sal Flora later gaan haal. Met die gedagte stap sy uit stoep toe.
Sy skakel haar foon aan, die eerste keer van Woensdag af, genade oupa hulle het omtrent sestien keer probeer, die foon moet eers laai, hy’s behoorlik pap. Skaars ingepluk of die foon lui. Dis oupa sy sal dooddruk en nog ’n rukkie wag. Na tien minute lui die foon weer, nee laat sy maar antwoord.
“My kind ons is morsdood bekommerd, wat gaan aan, daar is ook nie antwoord by Roelf nie, wat is aan die gang?”
“Jammer Oupa die lyne was buitewerkking by ons en ek sukkel met my battery, hy’s nounog nie reg nie.” Net om te wys wat sy bedoel druk sy die foon dood. Voel skaam oor die leun.
Haar oë is onwillekeurig vasgenael op die hek. Van wat Henna haar vertel het weet sy dat sy oorhaastig reageer het, maar sy vergewe haarself half, want die vader weet sy het al ’n paar lesse geleer en stelle afgetrap wat sy nie graag wil herhaal nie.
Sy drink haar koffie stadig, kyk trots na haar handewerk van die afgelope tyd, hier’s heelwat geld in, dit lyk rustig lyk soos plaas… met die ganse wat mekaar langnek jaag en die skrophoender oral, met Bruno by haar voete. Nee hierdie is haar droom, sy wou dit so graag deel…
Die foon lui weer dis mamma, sy antwoord half skaam oor die leun van vroeër sy hou nie daarvan om vir die oumense te jok nie.
“Nee wat mams alles gaan goed hier en ons is veilig,”sy sien die bakkie by die hek en sê vinnig, ons sukkel net met die fone, soek sy verskoning om die gesprek te beëindig en druk die foon dood, sy kannie nou praat nie.
DIE OPMAAK SLAG
Roelf stop voor die huis. Klim uit maar bly net teen die bakkie aanleun. Aan die ander-kant klim Flora uit, sy sien Elmey en laat val die emmer net daar, sy hardloop die trappe op en omhels Elmey met die woorde:-
“Jirre het my gehoor. Jy’s veilig!” Snik sy. “Mme as jy weer so maak loop ek terug plaas toe truce, my hart sal dit nie hou nie, jy en Roelf julle jaag my kop deurmekaar, my hart sal gaan staan.”
“Dankie Flora sonder jou maak ek dit nie, gaan kombuis toe, Henna kan vir jou iets gee om te eet en gaan rus.”
Elmey bestudeer die lyne op die gesig van die man vir wie sy so lief geraak het. Dis duidelik ’n baie moeë man wat voor haar staan. ’n Man wat na haar belange omge-sien het toe sy in haar onsekerheid die hasepad gevat het.
Dis of sy in sy siel kyk en asof sy al daardie diep emosies wat hy nie uitspreek nie op sy gesig lees: Sy is die vrou wie sonder hy nie kan of wil klaarkom nie. Die per-soon vir wie hy, op watter manier ook al, eenvoudig mòèt laat verstaan, sy is die enigste vrou in sy lewe. Hy sal haar gaan soek, tot op die einde van die aarde. Lees sy op die moeë gesig. Vir die tweede maal het hy aan haar bewys, hy sal haar soek en gaan haal waar ook al:-.
“Roelf.”
Haar stem is sag, bewerig, haar liggaamsreaksie sê egter alles, want haar bene swik en sy kantel effens.
Dit neem hom net drie lang hale om met die trappies op tot bo te kom en haar in sy arms te neem, met ’n stem wat wil-wil breek fluister hy in haar oor:
“My liefste, as ek weer so ’n angstige tyd moet beleef, oorleef ek dit nie. So bly ek kan jou in my arms vashou, so bly …”
Sy vou haar arms om sy nek, vleg haar vingers in sy hare en trek sy kop nader. Terselfdertyd druk sy haar liggaam styf teen syne aan, so styf dat sy elke geheime re-spons van syne tot diep binne haar kan voel, en fluister hees:
“Soen my, mansmens, ordentlik, voor ek weer hardloop”
Tel 0824178780 Epos: marthiejoubert60@gmail.com
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.