Jongste aktiwiteit:

BIE VIR MY HART HOOFSTUK 2

HOOFSTUK 2

 

DANIëL KRY AMPER STUIPE

Dis so drieuur toe Daniël die trok teen die laaibank trek. Die stewige raamwerk wat ou-pa laat opsit het, het al handig te pas gekom. So kon sy haar perd Kolbooi en die twee jersey verse veilig van die Vrystaat af vervoer en nou gaan haar afrikaner vers ook ’n ry beurt kry.

“Watter een is ons s’n, Mme?” vra Daniël nuuskierig. Sy wys hom die pragtige rooibruin afrikaner vers.

“Hau, Mme! Ek dog ons kom die melkkoei koop. Mos hierrie ene mos hy’s die vleisbees en hy’s baie wild!” Hy haal skaars asem soos hy beduie. “Hy kom van Bultfontein se kant af en breek die drade, hau Mme!” Sê hy asemloos.

“Ek weet dis ʼn vleisbees man,” sê sy, “maar is sy nie pragtig nie?” Sy wonder waar hy aan al sy inligting kom.

Wel, dan is hulle geesgenote, sy voel ook partykeer om grense te oorskry en die vlaktes in te hol. Dis gedane sake, sy kannie nou omdraai nie.

Die afrikaner gee duidelik te kenne, dit gaan beslis nie net vir laai wees nie. Die verwoede dier laat haar kop laag sak en kap dreigend met die voorpoot in die grond voor haar en laat ’n duidelike gat. Daar is naderhand ’n hele sirkel van helpers om die verbouereerde dier. Party met stokke en een of twee met ’n sweep. Niks wat hulle doen kry die dier aan die beweeg nie, ’n sweep klap, ’n ander een slaan die dier met ’n stok.

“Hou op, moenie my koei so slaan nie!” Roep sy woedend uit. Sy kruip onder die helpers se arms deur. Versigtig stap sy nader, terwyl sy paaiend met die dier praat.

“Kan ek haar vir jou skiet?” Kom dit van agter af.

“Ag man, gaan speel in die verkeer.” Snou sy terug. Haar oë wyk nie vir ’n oom-blik van die dier af nie. Dit raak stil in die kring. Sy staan ook stil, die dier kom tot be-daring, hulle kyk mekaar.in die oog, maar bly doodstil staan.

Stadig beweeg sy al nader. Sy bly kalmerend praat soos met ’n bang kind. Tree-tjie vir treetjie gaan sy nader, en bly saggies troos. Hande omhoog dwing sy die skare tot stilte.

“Mensig is jy mal?” Skree een van die boere.

Sy staan haar staan, beweeg weer stadig vorentoe, stop ’n wyle as die kop weer laag sak en die voorpoot dreigend in die grond voor haar kap.

“Toemaar, toemaar ek weet,” paai sy, “toemaar,” nog ’n tree of twee nader. Daar is nou ’n doodse stilte onder die skare. Niemand verlaat die Ark nie, almal is vrek nuus-kierig om te sien wat nou? Die vers bedaar weer.

“Dis nou die toppunt van malligheid,” kom dit van ’n gesette man uit die groeien-de skare nuuskieriges. Almal bly doodstil staan en beskou die petalje voor hulle. Die vers is al ’n hele paar tree nader.

“Daniël…!” Roep sy haar helper.

Die ouman kom versigtig nader, saam met hom kom Roelf van die anderkant af aangestap. Hy kyk met verwondering hoe die vrou, hy skat haar so veertig, skynbaar sonder enige vrees, die verwilderde dier trok se kant toe paai. Hy en Daniël beweeg stadig agterna. Die vers laat nog ’n slag of twee haar kop sak. Elmey staan doodstil, bly gesels en beweeg weerfens vorentoe.

“Toemaar, toemaar, ounooi verstaan,” paai sy saggies. Eindelik is haar spog afrikaner veilig op die trok en tussen tralies, ’n hele driekwart uur later. Roelf help Daniël om twee dwarsbalke deur te steek, sodat die dier nie rondval met die ryery nie.

“Welgedaan!” Roelf haal sy hoed af en maak ’n klein buiginkie voor haar, draai om, sit sy hoed op en loop voordat sy nog dankie kan sê.

“Dankie!” Skree sy agterna. Hy lig sy hand in erkenning, maar draai nie terug nie.

Doodmoeg klim sy later saam met Daniël in die trok. Vee die sweet sommer met die agterkant van haar hand af en sug:

“Hemel Daniël, wat het ek nou aangevang? Sy is net te mooi om te los,” sug sy moeg.

“Mme, vandag se dag, het jy die respek van dié boere gevang Mme. Ek ken hulle van lánk se tyd af. Ek het hulle gesegte gesien. Ek is ’n baie proud ouman vandag,” sȇ hy en glimlag van oor tot oor. Sit die trok aan en laat ’n hele paar verbaasde gesigte agter.

SKUIWERS HOEK

 

Hulle bereik Skuiwers Hoek sonder enige voorval. Daniël trek die trok met sy agterkant teen die laaiskuinste by die kraal. Elmey het die twee jerseys vroegoggend al in ‘n weikamp, saam met die ou koei laat jaag. Sy is dankbaar, nou kan hulle hul onverdeel-de aandag aan die nuweling gee. Kabelo en Tebogo kom nader gedraf om te help.

“Jò, die een?” Kom dit van Kabelo se kant af. Hulle verwyder die dwarslatte sta-dig, oë vasgenael op die vers. Hulle staan doodstil en wag om te sien wat die vers gaan doen, minute gaan verby. Sy praat saggies en almal slaak ’n sug van verligting, toe die vers uiteindelik stadig teen die skuinste begin afloop die kraal in. Stewig word die hek agter haar nuwe baba toegemaak. Nog ’n paar oomblikke staan sy doodstil. Sy wonder hoe die mense van alles en almal af weet. Dit is soos ou Daniël altyd sȇ: Die stories hy loop haastig ja, die stories hy loop.

 

SY ONTLAAI HAAR SPANNING

 

Dis ’n groterige stapel klippe wat die werkers sorgvuldig opmekaar gestapel het, terna-gedagtenis aan die man saam met wie hulle soveel jare gewerk het. ’n Verbleikte pers plastiekkransie lê skeef op die stapel. Dis hier waar Pa so wreed en onnodig vermoor is. Sy sak langs die klip-stapel neer, doodmoeg na die dag se gebeure.

Eensaamheid oorweldig haar en sy begin sommer bitterlik tjank en voel hoe die dag se spanning uit haar vloei. Bruno, haar boerboel kyk haar vraend aan. Sy steek haar hand uit en streel afwesig oor die getroue ou dier se kop.

Om te dink dis al meer as ’n jaar en die booswigte loop nog rond, hoeveel moorde moet hulle nog pleeg?  Die polisie weet wie die skuldiges is en ook waar hulle vandaan kom maar hulle kan hulle net nie vastrek nie. Hulle dag sal kom, wag maar! Moeilik soos dit is moet sy probeer vergewe en aangaan en moeilik is dit.

Om verbitterd te wees is soos om gif te drink en te hoop die ander een gaan dood my kind,” waarsku oupa altyd.

Sy voel pa Frans se teenwoordigheid aan. Raak liggies aan die kransie wat ver-brokkel onder haar vingers. Hy wat namaaksels so gehaat het, dink sy droewig. Uit eer-bied vir die werkers los sy dit maar hier.

“Bruno, hoe op aarde gaan ek die mas opkom? Het Pa iets in my gesien waar-van ek nie eers bewus is nie?” Vraend kyk sy haar ou Boerbul aan asof hy die antwoord het.

Ek kon my eie oë nie glo toe ek daai wilde vers so kon kalmeer deur net met haar te praat nie? Waar op aarde kom ek daaraan? Mamma! Sy praat altyd so met die diere. Onthou sy met ’n glimlag.

Wat op aarde het haar besiel? As dié klomp kon weet hoe benoud en onseker ek was. Sy slaan haar arms om haar knieë en kyk hoe die son Oranja-Rooi agter die koppie wegsak. Bruno steek sy kop onder haar arm in en lê op haar skoot. Sy weet nie hoelank sy so gesit het nie. Raak bewus van die groot vrede wat haar omvou.

Hier sal sy weer vir haar en die seuns ’n tuiste skep, al sien sy hulle so min. Hulle moet altyd weet hulle het’n huis, ’n tuiste, ’n eie plek waarheen hulle kan terugkeer soos die swaeltjies jaar na jaar. Sy staan op skud die stof af, tel ’n groot stok op en gooi dit vir Bruno:

“Kom ou grote dit word laat.”

Dis sterk skemer toe sy en Bruno aanstryk huis se kant toe. Onbewus van die twee rooi-stoftraanstrepe oor haar wang.

 

KOEI WYS HAAR STREKE.

 

Daniël storm op haar af so vinnig as wat sy ou bene hom kan dra, toe sy op die werf aankom.

“Mme Hau Mme,” hyg hy, “vandag is die hel los…”

“Stadig Moholo, bedaar nou, wat is aan die gang?” Sy stop in haar spore.

“Daai mal ding het uitgebreek en gehardloop, ons kon haar nie keer nie. Ag Jirre! ’n benoude Daniël wring sy hande inmekaar en is na aan trane.

“Wat nou gemaak Daniël?” Haar hart klop in haar keel. Sy hoop nie die die dier het deur die grensdrade gebreek nie. Vader sy het nog nie eers kennis gemaak met die bure nie, om die waarheid te sê sy weet nie eers wie haar naaste bure is nie en ’n weg-breek afrikaner vers is nie die beste aankopingspunt vir enige goeie buurmanskap nie.

“Nee Mme, jy sê hoe maak ons nou?” Hy frommel sy hoed verbouereerd op. Die dringendheid in sy stem laat haar besef sy sal die voortou moet neem. Sy kyk op haar horlosie, half-sewe, hygend is dit al so laat. Waar begin sy?

“Kom jong, jy ken die mense hier rond, waar dink jy is sy heen?”

“Miskien sy loop by Morena langsaan…” hy kry nie sy sin klaar nie.

“Kom ons gaan soek haar. Hoe ver is die plek waar sy gebly het, miskien sy’s terug soontoe, dalk kry ons haar nog langs die pad…”

“Nee, nie daai een nie,” val hy haar in die rede, “sy sal wragtig nie by die pad loop nie, sy donner deur die drade vir die short cut,” hyg Daniël agter haar aan. Kabelo skree iets in sy taal.

“Hy’sê sy’s deur die stukkende drade by die dam Mme, na Morena langsaan se plek toe, daar by die plek waarvoor ons die pale gekry het vanmôre.” Hyg hy uitasem.

“Kom ons gaan haal haar, Kabelo en Motsumi kan kom help,” beveel sy.

“Tebego, kry Andries om jou te help en maak reg daai hek en sorg dat die kraal stewig is.” Sy druk haar hare styf onder haar pet in en klim in die trok.

“Daniël julle het nie die bure se telefoon nommer nie?”

“Nee Mme,.” Hy klim langs haar in. Sy trek weg dat die stof so staan…

 

 

 

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed