Jongste aktiwiteit:

BIE VIR MY HARTHOOFSTUK 4

HOOFSTUK 4

 

GESKIKTE PLEK

Elmey parkeer onder die groot Jakaranda boom langs die lang rooi gebou. Vir ’n paar minute sit sy en neem die plek in. Dit lyk of haar soektog op ’n einde gekom het as sy na die boomreike omgewing om haar staar.

Sy wonder of die vers al gelaai is? Genade die man kan haar darem omkrap en dit wil gedoen wees…dwaal haar gedagte.

“Goeie môre, is jy mev Furstenburg?” Vra ’n stem van die sy deur af.

“Môre,” groet Elmey effe uit die veld geslaan, voor haar staan ’n jong dametjie, geklee in ’n sweetpak. Sy ruk haar reg en sê:

“Ja, ek is Elmey Furstenburg, ek het ’n afspraak met die ontwikkelaar.”

“Johan het gevra ek moet uitkyk vir jou, dis nog redelik deurmekaar op die oom-blik glo my,” lag sy en stoot ’n boks opsy.

“Ons huur die gimnasium en skoonheidsalon by Johan en wikkel om klaar te kry, ons wil graag na die Paas Naweek oopmaak.” Sy draai af met die lang stoep en Elmey aanskou ’n bedrywigheid soos min.

“Jong, die mense kom gedurig kyk wat hier aangaan, ek dink dit gaan ’n besige sentrum word.”

“Dit was gaaf van jou om my te kom ontmoet, ek moet sê dit sou ’n soektog afgegee het. Wat is jou naam?”

“Ag hoe onbedag van my, Lida van Eden,” sy draai om en steek haar hand uit.

“Dis aangenaam om jou te ontmoet, wat beoog jy nou eintlik?” Vra sy nuuskierig.

So in die loop verduidelik Elmey kortliks wat sy beplan en sy hoop om n geskikte plek hier te kry.

“Ek sal nie lank wag as ek jy is nie hoor, vandat die plek adverteer word  is hier nog net twee klein plekkies oop en daai lang gebou waarlangs jy gestop het. Dis glo vir kantore of so iets,” beduie sy so handswaaiend. Hulle is besig om die tweede fase af te handel, die restuarant en die is ook al amper klaar,” sy draai af in ’n korter gang.

“Tussen ons en die restuarant kom daar ’n waterspeelpark, spuitfonteine, glybane swembaddens die lot. Dis hoekom die plek Wonder Waters genoem word.” Elmey ken omtrent die hele uitleg soos Lida opgewonde beduie.

“Ek sal regtig nie lank wag as ek jy is nie,” sluit sy af.

Elmey se maag trek op ’n knop, kan dit die antwoord op haar gebede wees?

“Hier links,” beduie Lida. Die deur staan oop, sy klop saggies en stap in.

“Ek het haar gekry,” lag sy vrolik. “Dis nou Johan le Roux,” stel sy die aantreklike man agter die lessenaar voor en verlaat hulle met ’n vriendelike groet.

“Elmey Furstenburg,” steek sy haar hand uit.

“Aangenaam, sit gerus ek bestel vir ons tee Elmey, jy gee mos nie om as ek jou so noem nie?”

Die stewige handdruk wat sy ontvang beindruk haar dadelik. So ook dit wat sy om haar waarneem. Die kantoor is netjies ruim, met die genommerde lêers netjies ingeryg op die rakke teen die muur.

“Nie in die minste nie Meneer,” glimlag sy.

“O nee, spaar my die meneer asseblief, Johan sal doen.” Albei lag en die effense spanning is verbreek.

“Ek is jammer ek kon jou net vandag sien. Ek is uitstedig vir die volgende paar dae en dit het geklink of jy dringend opsoek is na spasie.” Die tee arriveer en sy skink vir hulle.

“Waarin stel jy belang? Daar is reeks aanmekaargeskakelde vertrekke wat ons beoog om te verhuur as kantoorspaies en twee kleiner vertrekke wat nog beskikbaar is.”

“Ek stel belang in wat agter die mure van die rooi gebou by die groot Jakkeranda boom aangaan, die wat julle as kantoorpasie wil verhuur.” Kortlik verduidelik sy hom wat sy beoog.

“Dis ’n briljante idee, ek dink jy sal vind dit voldoen in al jou vereistes. Kom ek gaan wys jou.” Hy staan op en stap deur toe. Sy volg en hy laat haar eerste deur, neem dan die voortou met ’n bos sleutel in sy hand.

Sy bekyk die omgewing terwyl hy oopsluit. Die hele lengte van die ingangs-portaal kyk uit op die toekomstige waterarea en tuine. Alles is eenrigting glaspanele. Dit gaan ’n lieflike uitsig wees. Johan hou die deur vir haar oop en hulle stap binne.

Sy stap van vertrek tot vertrek en sien hoe elke ditail van die prentjie in haar kop oral inpas. Daar is tot twee storte en toillete aan die onderpunt van die gebou. Hoe kan ’n plek so prefek wees sonder om eers deel van die beplanning te wees?

“Wanneer kan ek begin, daar’s heelwat wat ek wil doen?” vra sy opgewonde.

“Jy kan dadelik met jou beplanning begin, die binne deure moet nog gehang word en die laaste verflaag moet nog op, jy kan self besluit watter kleure jy dit wil verf en die verf op ons rekening bestel by die verfhandelaar, ek sal my sekretares Ans vra om dit vir jou te reël”

“Die Kontrak?” Vra Elmey verbaas.

“Ons sal dit opstel sodra ek terug is, dis nie ’n probleem nie.”

Sal ek blou gloeilampe in die kamers kan sit, aangesien die ligte nog nie gefinaliseer is nie?’

“Dit reël jy alles met Ans.”

“Sal ek ’n sauna kan insit?” Sy beduie presies waar dit sal pas.

“Dit sal ek met die elektrisiën moet uitklaar, ek glo nie dit sal ’n probleem wees nie.” Johan kan nie help om te glimlag oor haar opgewondeheid nie.

Hy vergesel haar na buite, maak die motordeur oop. “Veilig ry,” groet hy.

Wonderlik! Kan dit waar wees? Haar eie besigheid, ’n groot geskenk uit die Vaderhand. Sy is net betyds vir die diens en gaan sit sommer in die agterste ry.

 

Daniël kyk Roelf verbaas aan toe hy hom baie ongeduldig vra waar die baas van die plaas is. Dit was ’n moeilik storie om die vers gelaai te kry.

“Het julle nie vir die vent gesê ek bring die vervlakste vers vanoggend nie, hoe reël die mense dan? Ek laat hardloop haar sommer in haar maai in!”

“Hoe nou Morena? Mos baas Frans hy’s lankal oorleë, Mme het mos vanmôre gevorduidelik sy moet Poort toe, sy sal baie bly wees jy help. Sorry die vers is so be-donner, maar ons is amper daar.”

Roelf frons. “Hoe dan nou? Waar’s die baas van die plaas?” Vies loop hy na die laaibank en roep: “Kom, kom.”

“Kom julle klonke la ons gaan aflaai Morena is nou moeg, maak gou.”

Na die vers op hok is wonder Roelf of Daniël nog iets kort toe hy in die bakkie klim. Vir wat kyk die ou siel hom so agterna asof hy iets nie verstaan nie? Wel al wat hy weet, is as daar ’n man is slaap die slapgat nog, of is hy nie tuis nie. Omgekrap van die gesukkel ry hy deur die hek en laat die ouman hande in die sakke agter. Die hek gly stadig agter hom toe.

 

RIA

 

Elmey kon die versoeking om die winkels in te vaar nie weerstaan nie. Sy slenter rond opsoek na sagte handdoeke en bond lakens, want die olies kan nogal vlek.

Sy kry ’n koppie koffie by die Wimpie en skakel Ria haar kollege vriendin, wat nou naby Bon Ocord dam op ’n plot bly. Sy was die verpleegsters se naaldwerkster en het lekker sakgeld verdien. Nou het sy haar nodig om te help met die gordyne en binne-versiering waarmee sy so goed is. Hulle maak ’n afspraak om mekaar die volgende dag hier by die Wimpie te ontmoet, sodat sy vir Ria, haar nuwe onderneming kan gaan wys.

Sy kyk op haar horlosie, genade sy sal moet aanstryk huistoe dis laat. Sy vereffe haar rekening en kry koers.

 

ROELF LEER PAAI

 

Sy wonder wie se bakkie voor die deur staan? Sy het uitdruklike instruksies gegee, niemand word toegelaat as sy nie tuis is nie. Vies stop sy onder die afdak, draf die trappe op om van haar kerkklere ontslae te raak, trek haar tekkies aan gryp haar pet, laat sy gaan kyk wat hier aangaan.

Dit kannie waar wees nie, wil jy my nou vertel hulle bring die vers nou eers hier aan? Dis half vyf die middag. Brom sy en stoom op kraal se kant toe, maar stop in haar spore. Van wat sy aanskou word sy yskoud.

In die hoek van die nuut aangeplante lemoenboord, staan die vers bankvas in die hoek, en skop onverbiddelik vas. Roelf staan aan die kant saam met Daniël, verder is daar nie ’n siel insig nie. Sy beweeg nader… stop weer toe sy Roelf hoor bulder.

“Daniël kry Kabelo-hulle hier laat hulle buite om gaan en haar van die draad afkry!”

“Tebego hy’t netnou seer gekry nou hulle is bang Morena.”

“Nou wat wil julle hê moet ek doen? Die blerrie vers optel en kraal toe dra? Ek los julle net hier verstaan, dan kan julle maar opdonner!”

Sy staan vasgenael. Sal sy gaan help?

“Roer julle, wil julle gefire word vandag?” Gil Daniël agter die jonges aan.  “Netnou loop Morena en ons is in ons moer in, move it!”

Sy tree nader maar Roelf se stem laat haar weer vassteek. Hy is woedend dis verseker. “Moenie die ding nog verder verwilder nie, keer haar stadig uit die hoek uit.” Skree hy.

Probeer soos hulle wil, die vers staan en beweeg nie ’n meter nie, die hoek is al ’n pappery getrap en ’n hele paar nuwe boompies is letterlik begrawe.

Sy besluit om maar in te spring en probeer help, steek verbaas vas toe sy hoor hoe Roelf, die vers begin paai.

Die Jonges hou hulle koppe vas en staar hom aan asof hy dit verloor het, as hy in verskillende stemtone, hoog, laag, sag, bietjie harder, dan bietjie fyner die vers begin paai. Hulle staan doodstil, te verstom om te beweeg.

Wonder bo wonder werk dit na die hoeveelste probeer slag, beweeg die dier effe. Hy tree bietjie agteruit, kry nie dadelik weer sy stem reg nie, maar na ’n paar probeer slae beweeg die vers weer stadig en nadat die arme man hees gesukkel is, kry hulle die vers uiteindelik terug in die kraal.

 

Elmey koes agter die granaatboom, heigend die man moet haar nie nou sien nie, as hy moet weet sy’t hom gehoor, is dit die einde sowaar.

“Wat staan julle daar en staar, kry die hek toe en julle sit voor daai verdomde hek al is dit die heelnag, verstaan ons mekaar? Ek kom nie weer help met die blerrie Koei nie!” Swets hy.

Daniël buig dankbaar vorentoe. “So baie dankie Morena, die een moet die juk kry sowaar, Koei is sy naam, baie dankie.”

“Dis nes vroumense is Moholo, nes vroumense is.” Hy skud die modder van sy boots af gryp sy hoed en begin terug stap.

 

Nou beter sy uitkom besluit sy en hoor hoekom hulle Koei nou eers bring, en hoekom Daniël nie die trok so kon trek soos hulle altyd doen nie?

“Middag Buurman, het jy kuiermense gehad as julle Koei nou eers bring? Ek hoop nie sy was te woes nie. Het julle darem reggekom?”

Hy steek in sy spore vas, sou die vroumens hom gehoor het? Hy hoop wragtig nie so nie, lyk darem of sy nou eers hier aankom. Maak hy seker.

“Regkom sonder jou?” Hy kyk haar op en af aan om seker te maak sy het niks gehoor nie. Maar sy hou haar pous.

“Maar Roelf, jy het dan vanoggend gesê ek kan die manne daar los julle sal reg-kom? Hoekom nou so kwaad?”

“As ek reg onthou was dit vanoggend,” hy kyk op sy horlosie. “Nou is dit vyfuur.” Antwoord hy sonder om te stop.

“Mme, vanoggend sy was bietjie woes, maar sy was in die kraal ten o clock. Toe breek sy weer uit, ag Jirre Mme, ons sukkel by ons se selwers vir hoelank. Ons mos hoeka Morena weer gaan vra om te help.”

“Ek is so jammer man, kan ek vir jou iets gaan maak om te drink? Vra Elmey.”

“Nie vandag nie dankie, ek het meer te doen as om agter ’n mal Koei aan te hol.” Hy trek al by sy bakkie, draai om en sê:

“Maak plan met daai gedierte, sy gaan jou kos!” Roep hy vies uit die bakkie uit.

“Koei, is haar naam Mme for sure,” ek gaan net seker maak, stap Mme saam?”

Verslae kyk sy die witbakkie agterna, daar gaan hy en die vrede saam met hom.

 

 

 

 

 

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed