ZELDA HFSTK 11
Toe hulle by die huis kom wag dokter Brink hulle reeds in om vir Paul weer n drip te kom opsit. Met n groot gesukkel kry hulle Paul uit die Polo uit en in sy bed in. Om hom uit te trek en in sy slaapklere te kry is net so n gesukkel maar tussen die drie van hulle kry hull dit reg en nadat die dokter hom n inspuiting gegee het en die drip op het raak Paul aan die slaap.
Dokter Brink se laaste instruksie aan Zelda is: “Mevrou die drip sal deur die nag hou. As hy wakker word en pyn het gee hom die pyn pille in. As hy deurslaap gee hom dit in as hy wakker word saam met die ander pille wat ek voorgeskryf het. Ek sal moreoggend kom kyk hoe lyk die wond en weer n drip opsit vir die dag”.
Zelda stap saam met die dokter deur toe en by die voordeur bedank sy hom: “Dokter bitter baie dankie vir al die moeite en dat jy hom ontslaan het. Ek sal hom goed versorg”.
Dokter Brink groet haar: “Geen probleem nie mevrou. Ek stuur gewoonlik my pasiënte na n private hospitaal op Kroonstad toe vir operasies maar hierdie was n noodgeval. Gelukkig het die een suster hier by die hospitaal kop gehou en my gebel anders weet ek nie so mooi wat hulle sou gedoen het nie’.
Nadat Sharon weg is na haar woonstel toe gaan trek Zelda ook haar slaap klere aan en kom skuif by Paul in sy dubbel bed in om die nag by hom te wees as hy haar sou nodig kry deur die nag.
Paul slaap die nag rustig deur en staan sy die oggend vroeg op om haar hare te was en gereed te maak vir die dag. Die besigheid moet aangaan maar gelukkig is dit Sondag en kan sy vroeg toemaak. Sy het met ma Sharon gereël om die dag by Paul te kom sit tot sy die winkel teen so een uur toemaak.
Sy is nog in haar kamerjas nadat sy gestort het toe sy hoor Paul is wakker. Toe sy in die kamer kom groet sy Paul: “More meneer die cowboy. En hoe voel jy vandag, het jy pyn in daardie arm van jou”.
Paul knik sy kop en sê: “Dit is seer maar darem leefbaar sou ek sê’.
Zelda gaan staan hande in die sy voor die bed en toe weet Paul, hier kom dit nou maar dit is seker maar opgekropte gevoelens wat nou moet uit.
“Luister meneer die cowboy, Jy doen dit nooit weer in jou lewe nie. Jy het amper n weduwee van my gemaak nog voordat ek getroud is. Ons trou een van die dae en ek hoop net daardie arm is reg anders gaan die duiwel jou haal, hoor jy my Marais”, trek Zelda los maar dan is sy op die bed en neem Paul se gesig tussen haar hande om hom warm en passievol te soen.
“Waar is my geweer”, vra Paul.
Zelda staan op terwyl sy antwoord: “Die polisie het beslag op hom gelê vir ballistiese toetse om te sien wie het vir wie geskiet”.
Nadat sy ontbyt gemaak het word Paul gevoer en dit raak n hele speletjie wat die atmosfeer lekker ontlaai.
Zelda is nog besig om hom te voer toe Sharon die kamer inkom en Paul groet: “Hoe gaan dit met ons dapper held vanmore”.
Zelda gee net n snork: “Ma, ek gaan nou oopsluit hou jy maar die cowboy geselskap en kyk dat hy stil lê. Die dokter sal seker nou nou hier wees “, en daarmee is Zelda die kamer uit.
Paul is nou nuuskerig en vra vir Sharon: “Wat het gister daar by julle gebeur toe die rowers instorm”.
“Ek was op dardie stadium besig om die geld te tel. Andries het by my gestaan en toe hulle instorm het hulle dadelik die geld ge eis. Toe gaan julle alarm af en klap die skoot wat die BMW se voorband getref het. Ek dink dit het hulle verbouereerd gemaak en toe die polisie ook met skreunde sirenes stop het hulle op die vlug geslaan, al skietend by die deur uit. Een skoot het een van die groot vensters getref en dit aan skerwe laat spat. Andries moes reël vir sekuriteit vir die nag en dat hulle die ruit vandag kom vervang”.
Sharon swyg n ooblik en gaan dan aan: “Ek was asvaal geskrik maar gelukkig het Andries kop gehou en gesê hulle moet die geld vat maar hulle het nie sover gekom nie. Die hel het mos toe behoorlik los gebars toe julle sirene afgaan en die skoot klap”.
Iemand klop en toe Sharon gaan om die besoeker te ontvang is dit dokter Brink. Sharon bring hom die kamer in en begin hy dadelik die wond ondersoek nadat hy gegroet het. Daarmee klaar haal hy die drip af en verbind die wond weer terwyl hy sê: “Die wond lyk goed. Twee dae in die bed meneer Marais. Jy is redelik swak van die bloedverlies maar sal binnekort weer piekfyn wees”.
Die dokter is skaars weg of Andries kom die kamer binne met n lang pakkie in sy hande wat hy op die voetenent neersit en verneem hoe dit gaan.
Paul wys met sy duim na bo en is Andries die woordvoerder: “Dankie vir jou toetrede gister Paul. Ek het vir jou n bottel vyf jaar KWV gebring om dankie te sê”.
Andries vertoef nog so n rukkie en dan daag die volgende besoeker, sersant Meyer op om Paul se verklaring af te neem. Nadat hy Paul se verklaring afgeneem het vertel hy vir Paul dat twee van die rowers dood geskiet is en twee in die hospitaal is.
“Hierdie is ou kalante en hulle was almal op parool uit meneer Marais. Ons het almal geidentifiseer en hulle kom van Soweto af. Seker makliker teikens begin soek wat toe nie so maklik is nie”.
Paul verneem na sy geweer en sersant Meyer antwoord: “Ons het beslag op hom gelê vir ballistiese toetse. Dit sal so week neem en dan sal jy hom weer terugkry. Ek sal hom persoonlik terug besorg”.
Die middag besoek Paul se ouers hom maar is Zelda al by die huis. Sy pa spot hom: “Jy beter vinnig regkom anders het ons n verwonde bruidegom”.
Teen die aand begin Paul al bietjie sterker word en slaap Zelda weer by hom. Die dokter besoek hom weer en is heel tevrede met die wond alhoewel Paul nog bietjie pyn verduur.
Maandag wil hy net met alle geweld gaan werk maar Zelda boender hom terug in die bed. Die middag laat sy hom opstaan en laat sy hom toe om winkel toe te kom.
Die aand toe hulle gaan slaap gaan slaap sy in haar eie bed. Toe Paul haar ewe droog vra of sy nie weer by hom kom slaap nie is haar antwoord: “Nee ou grote. Net nou kan ons onsself nie meer beheer nie en jy sal maar moet wag tot ons getroud is. Dit is mos nie meer lank nie en die wag sal die moeite werd wees belowe ek jou hoor”.
Daardie aand skryf sy in haar dagboek: “Liewe dagboek ek het jou baie afgeskeep maar met die rooftog by Andries se winkel waarin Paul deur die arm geskiet is was daar net nie tyd om by jou te kom nie. Ek het twee aande by hom geslaap vir in geval hy my nodig kry maar vanaand is ek in my eie bedjie.
Dagboek ek doen dit maar want hy is hopeloos te gesond en die hunkeringe en begeertes in ons is op n stadium dat oorgawe maklik sal wees maar ek gaan by my belofte bly. Gelukkig is dit nie meer lank nie dan is ek mevrou Marais en kan ek ten volle aan hom behoort en sy vrou wees. Dagboek dan bly daar net een droom oor en dit is n kind van my eie”.
5 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Sjoe dit was 'n noue ontkoming, gelukkig is als nou weer honkie dorie.
-
Ronel Janse van Vuuren
Dalk aan die begin sê dat sy nie haar gevoelens kan verwoord nie en dus nie in haar dagboek kan skryf nie - verwag so half-en-half dat sy in haar dagboek sou skryf oor die groot skrik. "Die aand toe hulle gaan slaap gaan slaap sy in haar eie bed" Eerder iets soos: Daardie aand met slapenstyd gaan slaap sy in haar eie bed. Lekker gelees :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Neels, baie dankie ek het lekker gelees.