Jongste aktiwiteit:

BROER: Tema: Dagdrome

BROER: Tema: Dagdrome

Ek mis my enigste broer
net soos ‘n storm my hart Roger
mag ek jou gou weer vashou
ek verlang oneindig baie na jou
goed net soos geld wat my ophou

hoekom is ek nie ‘n rykman nie
net soos die rykes dit kan bekostig
my droom sal dalk nooit gebeur
blyk my ek gaan in die ruimte loop
ek sal droom ek vlieg oorsee

Australia waar jy nou hoort
die afstand lyk so groot lewensgroot
sulke dinge soos geld maak my dood
om oorsee te vlieg van suid na oos
spaar ek my trane om net my hart te troos

ek hoor my gedagtes sonder dat ek praat
ek proe die melodie wat uit my hart kom
eendag sal my groot skip verby kom
sal my droom bewaar word
bou net jou eie groot lugkastele

© Eleen van Deventer Vorster
05/02/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed