Covid Kring
Onbekend en vêr toe spring jy uit die labratoruim uit
saai verwoesting op die planeet
Gesiglose wêreld agter masker en grendelstaat
isolasie en drankverbod kon jou nie stop
Jou kring word wyer en die golwe word meer
eers was jy vêr net ‘n getal op ‘n wêreldkaart
Maar nou is jy in ons midde
die trane lê vlak vir almal wat die styd verloor
Vir my verlore vriend………..
Ek gooi vir Jou ‘n klippie in die water die ringe op die water
kring uit soos die lewe , van klein na groot rol hulle uit
Die ringe kom plotselings tot ‘n einde Jou klippie het nou gesink
maar die ringe sal nog ‘n wyle duur en aanhou golfies maak
Jou kringe was vir party maar klein vir ander was hulle baie groot
jou grootste kring was kind van God
Ek wens ek kon nog ‘n paar klippies vir jou in die water gooi
dat jou ringe nog ‘n wyle kon bly
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.