
Dankie Here
Here,
ek wil net graag vir U dankie sê vir al die spesiale mense in my lewe
die mense wat altyd daar is om my by te staan
deur al die goeie en slegte tye waardeur ek gaan.
Dankie dat hulle altyd daar is om na my te luister
as ek alleen sit in die duister.
Ek waardeer elke persoon opreg
wat altyd daar vir my is wanneer ek teen die lewe veg.
Spesiale mense wat my elke dag in hul gebede toevou
en wat met hul liefde my in die lewe geanker en staande hou.
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.