
Half Lewend
Uitgespoel
staan ek kaalvoet op ‘n oop strand
voor my breek branders
binne splinter my siel
agter lê ‘n land in skerwe
ek voel anders
noudat ek weet
lewe en dood is sekondes weg van mekaar
en liefde is maar net ‘n geloof
ek tel ‘n klippie op en gooi dit in die see
tel tot tien, wag nog ‘n wyle
maar niks het verander nie
ek draai om en stap ooswaarts
my spore lê in die sand
my asem blaas in die wind
maar ek lê uitgespoel
êrens op ‘n planeet
saam met ander mense.
© Julie 2021 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek