
gebed
–
grysaard
hou jou by jou
ouderdom
stil en
op
jou knieë
–
sodra daar
probleme kom
vra mense vir gebed
gebed groepe word
geaktiveer en dit
gons van gebed
–
grysaard
leer jou kinders
en kleinkinders dat
om opreg te bid
by homself
begin
–
bid en vir jou sal gegee word
soek jou Vader se genade en jy sal Hom vind
wees dankbaar vir alles wat Hy oor jou pad bring
selfs die slegte dinge waarmee jy getoets word
soek heeltyd na jou geloof se mostert saadjie
en leef dan jou geloof uit soos net jy kan
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.