
daar staan hy in sy vissersman gewaad,
in sy heimwee dink hy terug
aan eens ons geskiedenis
en praat met homself
was ek maar iets anders
maar nou is ek ‘n visserman
swoeg en sweet ek vir my gesin
maar die hele wereld lê onderstebo
hier staan ek by my skuitjie
en my verlange tuur die verte in
vroulief wag vir my
maar daar was geen vis vandag
moeg en verward kom hy voor
want in sy binneste
lê ‘n onbekende gevoel
wat maak hy sonder niks
stuur hy gebede na bo
Here wees ons tog net genadig
skielik weet hy in sy binneste
dit is die enigste uitweg
om eerder aan Vader se Sy te wees
besef hy moedverlore se vlakte
sal hom nie raak
want weet hy binnekort
sal moeder natuur sorg
stilweg verskyn daar ‘n glimlag
en spreek hy lewe oor homself
niks gaan hom onderkry
want sorg sal Hy sorg
op die regte oomblik
Kopiereg voorbehou
Louisa van Vliet