Desember 2016 tot 22 Januarie 2017 Projek: INK-gedenkbundel
Om vir ons getroue lede dankie te sê vir hulle lojale ondersteuning aan INK het ons baie goeie nuus hier by ons laaste projek vir 2016 . . . ‘n INK GEDENKBUNDEL!
Ink: Skryf in Afrikaans nooi alle digters en skrywers uit om deel van ons saamgestelde bundel te wees. Daar is geen kostes verbonde aan die inskrywings nie. Lede wat wel in die bundel voorkom sal die bundel kan aankoop en dan kan julle dit weer herverkoop sou jy dit verkies, teen ‘n wins. Daar is geen tema vir die bundel nie aangesien die beste werk van INK lede gebruik gaan word om die beste moontlik bundel saam te stel.
’n Maksimum van drie gedigte/artikels/verhale per lid gaan gebruik word. Die keuring van die publikasies sal deur die Inkmoderator van INK gedoen word. Elke lid is self verantwoordelik vir die taalversorging van sy/haar werk. Spelfoute SAL jou diskwalifiseer, maak dus 100% seker dat jy jou beste werk inskryf want die keuring gaan baie streng wees sodat ons die bes moontlike digbundel van die INK talent kan publiseer.
U kan vanaf 1 Desember tot 22 Januarie 2017 u gedigte vir evaluering voorlê, Koppel dit asb aan die Desember – Januarie projek by “Plaas ‘n nuwe publikasie”.
’n Naam vir die bundel sal op ‘n latere stadium bekend gemaak word.
Inkgroete
4 Kommentare
-
-

Inkmoderator
Dit is 'n ongelooflike mooi gebaar van die INK bestuur hierdie. Ek persoonlik is baie opgewonde om die inskrywings te lees en saam die digters en skrywers te werskaf (indien nodig) om die beste produk daar te stel. Ek moedig alle lede aan om hieraan deel te neem en saam INK 'n trotse en ongelooflike produk in die Afrikaanse mark te plaas. Ek vertrou dit gaan 'n uithaler produk wees. Baie sterkte. INK MODERATOR
-

Viooltjie
Dankie Anze en Inkmoderator vir die inisiatief en geleentheid :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dankie Anze. Mag ons net 3 items inskryf, of mag ons meer as drie inskryf waavan 'n maksimum van 3 in die bundel sal verskyn?