
Deur slierte oggendmis
Deur slierte oggendmis
Deur die slierte van ‘n oggendmis
met offerrokies wat sag geblaas word
waar die windpomp iewers tjier-tjier
voëls vlerkies rondskud
feëtjies vlinder met hul toorstafies
kom haal my herinneringe my
as ek in my verbeelding na kaboutertjies soek
bome struike blare knie-diep baai in mistigheid
hoor hoe-hoe uile voor hul fiesta
gedaantes van silhoeëtte
wegkruipertjies speel tussen die ruïnes van vervloeë dae
wat moedersielalleen saam met tyd stilstaan
en nagtegale hul liefdesliedjies sing
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek