Jongste aktiwiteit:

Winterreën

Winterreën

Die wintertrane druppel teen die ruit
van my hart
mistroostig grys spatsels
wat afgly verby my siel
waar die vertakkings na myself
vingerreik in alle rigtings
kaal
leeg
selle sterwend
vormloos
koud
winter sonder jou
eers saggies
eensaam
alleen
klop aan die vensters van my menswees
deurskynende
0o0OooOOo00o0
o O Oo O0 o
o O 0 o0o
o 0 o O 00 O o
druppeltjies teen die ruit
geur van vars aarde
nuwe lewe wat buite wag
maar binne my … die dors nie geles
nog nie skoongewas
as trane druppel teen my lewensruit
winterreën in my hart
H2O nutteloos val tot op die grond
winterreën se
d
r
u
p
p
e
l
s
in my hart …




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak