
U is my Pottebakker en ek die klei
U is my POTTEBAKKER en ek die klei
“God is die Pottebakker en ek die klei
Sy hande meng die klei met perfektheid
tot wie Hy met liefde en sorg brei
met geen haas en presiese afmetings en met sy tyd
sit Hy by die pottebakkerswiel en vorm my spesiaal
bak my tot die volmaaktheid tot kruik so giniaal
vir jare vul die lewe my met lewenservaring
vloei liefde en omgee wat my moederskoot bring
druppel al die vrug van die gees van vreugde en vrede
bedagsaamheid, geduld, goedhartigheid en gebede
en staan ek as kruik soms onbeskermd teen wind en weer
kan niks hartseer, teleurstelling, gebrokenheid, traandruppels keer
uit my skink ek my omgee gawes van om te deel
vloei daar saggies sonder ophou strome van liefde so veel
en as dit leeg begin raak hoef ek dit nie op te vul of vol te maak
want die Pottebakker voorsien met oorvloed as dit opraak
aan GELOOF, HOOP, LIEFDE, vertroue, lewenslus, entoesiasme en deursetting
en ek as kruik ‘n verskil en waardering in ander se kruiklewens kan bring
dan kom die onafwendbare storms van die lewe
en fyn barsies vinger oor my kruikskoonheid bo ander verhewe
krakies dit om my skatte wat ek versamel het deur die jare se kans
en sonder beskerming sonder keer sonder balans
met die stampe en stote wat ek verduur het dit so skielik
val … na benede … onvoorsiens … in een oomblik
die kruik het by die fontein van die hoogtepunt van lewe
geval en met fondament, handvatsel en rondings gespat in skerwe
bymekaar geskraap elke fyn stukkies en aanmekaar probeer gom
maar gate, fyn en growwe krake en onvolmaak het my kruik uitgekom
lig het orals deurgeskyn en water het uit elke gaatjie gedrup-vloei
en wanhoop, ongeloof, twyfel en teleurstelling het stilweg aanhou groei…
maar die Pottebakker het my nie vergeet toe ek gebreek en in skerwe lê
Hy het my eie-ek-selfheelmaak saggies weer gebreek het soos Hy dit wou hê
met liefdevolle hande het die Kruik van die Lewe my skerwe geneem
en my opgetel, een vir een en stukkie vir stukkie perfek ingepas
die mooiste mosaiek perfek bo-oor sonder krakies my aardse kruik
weer herstel wat Hy nou deur Hom vir Hom op aarde as geestelike kruik gebruik
en ek as deel van die kruik ‘n verskil in ander se lewenskruike kan bring
om uit dankbaarheid saam met ander vir Hom lof- en dankliedere kan sing”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.