Die arme Gedoente(silwer)
Die dag van die gedoente se bevalling was pa gedoente in sy norries, hy het etlike maande by al sy gedoente vriende gespekskiet oor die dag van die vang van sy gedoentetjie, dit was in gedoente wêreld ‘n moerse affêre, die vors gedoentes het oor die spraakbuis oral bekend gemaak dat op die dag van die gedoentery almal hulle doen en late hoef te staak.Nou dit is nie ‘n gedoentery wat gereeld plaasvind nie, net sekere gedoentes kry gedoentes so almal is maar van dieselfde gedoente.
By die vang van die gedoentetjie staar al die gedoentes met oerknaloë en bespeur na bó, arme pa gedoente is so gemoedsbekak dat hy omrede van die gedoentery amper vergeet het van ma gedoente se nuwe rooi lint, ‘n rooi lint dra klem op so ‘n dag dit beteken die vryheid van ‘n gedoentery op die vang van ‘n nuwe gedoente, maar soms is so ‘n gedoentery ‘n groot konsternasie.
Gedoentes oral raak koorsig as dit kom by hul vryheidslied want wie onthou nou maar eintlik die woorde sedert dit nie ‘n gereelde affêre is nie.Gopgorries kon ook nooit gedoentes verstaan nie, veral in die tye wat hul koorsig raak, hulle hol rond en bont met hulle arms al swaaiend in die lug en trompop hulle meestal inmekaar vas, maar juis dan sodra ‘n gedoente ‘n ander gedoente ophelp kom die woorde eenvormig uit: ‘’Arme gedoentes bly ons hier en ons het gedoente bier al gop ‘n gorrie vir ons hier is ons almal gedoentes hier!’’
Gopgorries sal eenvormig begin skater en soms sal sekere van hulle verskiet in ‘n asemrowende skouspel wat presies op die vang van die nuwe gedoente plaasvind.Daarna verkondig die vors gedoentes oor die spraakbuis: ‘’Die nuwe gedoente is gevang, geluk aan ma gedoente en aan pa gedoente wat sekerlik vir hom ‘n nuwe onderdoek moet kry!’’
Na die gedoentetjie gevang was sou ma gedoente hom met die rooi lint toedraai en pa gedoente sou vir hom sy eerste Torrie gee, die klein gedoentetjie sou met sy klein oerknaloë na die torrie staar en as hy sy kop afbyt beteken dit hy aanvaar sy gedoentes. Die vors gedoentes sou daarna hom bespeur en as hy die kop uitspoeg sou hul sê:’’Hy gaan eendag ‘n vors gedoente wees’’
©Morné du Preez
Met inspirasie van Ilse Steenberg se Eensame Genugtig.
3 Kommentare
-
Seirdna
Amper gegopgorries in my onderdoek Morné...en dit vir 'n ou vors gedoente (maar ek sou die torrie soen so ek is waarskynlik n vry gedoente. 😷
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2020 – Vryheid projek