
Intermezzo in die huis van donkerte III (silwer)
Die Kraaibek man was sy vryheid kwyt
die buidel het hom uitgesmyt
sonder spys of drank
ruik hy nou na sy eie stank
Die kraaibek koor moes agter maskers mor
daar is skorriemorries in hul koor
en voor Ditt weer kon toor
was daar reeds ‘n nuwe koor!
Gedories sou oral gons
hul trekgoed is gepand
by die werk het hul geen pons;
die konsternasiestasie is al wat blêr
Kaskenades was nie méé
waarmee moes almal hul bas afvee
kokkedories wou sê nee
toe drink almal ingeperkte tee!
©Morné du Preez.
#trekgoed = sigarette
#konsternasiestasie = tv
#spotprent van die web T.O honibol
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2020 – Vryheid projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed!