Die delikate geur van liefde
Die delikate geur van liefde
Sal jy my toelaat om jou aan te raak
en teen die kwesbaarheid in jou siel te stoei
om die delikate geur van liefde weer joune te maak?
mag die pad van herstel wees na jou smaak
en die doringkroon om jou hart uitroei
sal jy my toelaat om jou aan te raak?
ek verstaan die tasbaarheid van die saak
en baie brûe moet gebou word, baie trane vloei
om die delikate geur van liefde weer joune te maak
vir te lank broei die draak
vir te lank het trane gebloei
sal jy my toelaat om jou aan te raak?
Deur jou trots word dit my taak
om bande te breek; te skeur dit wat jou boei
om die delikate geur van liefde weer joune te maak
tyd het gekom om teen dit te staak
wat jou hart gevangene hou en gif laat broei
sal jy my toelaat om jou aan te raak
om die delikate geur van liefde weer joune te maak?
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.