Die dieptes van ons liefde
Met die punte van my vingers
trek ek jou lyne na
Ons vergeet van alles om ons
en die dinge wat ons pla.
Jy raak aan my ontblote hart
‘wyl ons toe-oë staar na niks
fluister warm woorde
oor hoe gelukkig ons saam is.
Met teerheid wat nét jy ken
soen jy my – in ń ander dimensie in…
Vér weg van seerkry
na ons eenwees – sonder einde of begin.
Na waar ons laat-aand
na die sterre soek
met die wolke voor die maan
Dans op ons drome
as die wêreld nét vir ons stilstaan…
Onder volmaan gloei ons liefde
waar die melkweg oor ons skyn
Vryval deur die dieptes
van een liefde
waarin ons saam verdwyn.
Ons maak liefde in die laatnag
klou aan elke oomblik vas
Verken die paaie na ons harte
wat in mekaar inpas.
Met die palms van my hande
streel ek jou silhoeët
Koester die goue bande
en dit wat ek en jy
vir soveel jaar al het.
5 Kommentare
-

neels
Sjoe lorretta hierdie is darem werklik n werk wat n staande applous verdien
-

Palet
Baie mooi
-

Viooltjie
Praftige liefdesvers Loretta. Perfekte ritme en rym. Goeie werk :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
Pragtige skrywe en so vol liefde