Jongste aktiwiteit:

die laan

daar staan dubbel rye bome
weerskante van ‘n grondpad
baie dik en oue bloekombome
omsoom daardie stokou pad

daar het muilwa en ossewa
eeue heen en weer getrek
kom en gaan het hul beskadig
nou en dan val daar een om

verliefdes het hul name gekrap
in ligte blou gladdevel stamme
wat vandag nog duidelik pryk
wonde van masjiene wys ook

mense ry deur die tonnel bome
sien die wit stamme trots en vier
kyk min op na hul vrolike plafon
waar voëls neste maak en broei

jakalsvoël en kuifkop arendneste
stapel stokke in verhoogde tuiste
soms val daar kleintjies uit die nes
dan besef mens dat daar lewe is

van baie ver kan mens hul sien
trots staan hul en wieg in wind
vertel hul geskiedenis van eeue
alles uit hoogtes gefotografeer

wat sou mensekind alles kon leer
van hierdie statige vorste van hout
jaar ringe vasgepen reg om te lees
maar dan moet ons hul afkap – nee

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed