Die Maskerbal
M – met malse musiek word ons meegesleur ‘n
A – avontuur met volle oorgawe verlei jou oë deur die masker
S – stormagtig impetuoso vereis jou lyftaal terwyl
K – kastanjette my vrywillig na oorgawe dwing
E – ek en jy prikkelend in
R – rou ekstase wat die liefdesvlam
B – baldadig in ons liggame brand
A – asemsnakkend hygend
L – liefdeslus
© Anita van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Dit is slim want hierdie emosies wat baie keer agter maskers is word in die gedig so goed uitbeeld. Kommetaar: Ek is geen kenner vd tegniese aspekte vd digkuns nie, die volgende is net my eie leer proses so leer ons bymekaar. Die woord “ impetuoso” sou ek vervang met meer algemene woord soos driftig