Oë
Maandagmôre staan sy daar
met vingers gevleg deur die draad
aan’t kyk, roep en smeek
Ek skuil langs die huis, net buite haar sig
met ongeduld wat spoedig styg
ek is reeds laat, ek moes al ry,
maar kar toe moet ek eers by haar verby
dan laat sak sy haar kop
en leun vooroor teen die draad…
Slaggereed verset ek my teen welwillendheid
met flinke pas, stormend,
hou ore toe en oë op die grond,
my hand reeds uitgestrek om die deur oop te sluit
Voortydig verlig, tot my spyt
kyk ek om na haar
soos blits vang sy my volle blik
en ‘n glimlag sprei oor haar yl gebit
in my oë lê die ongemak
in hare lê oorwinning soveel meer as hoop
Die stryd was taai, maar sy weet
die rigting waarin ek volgende gaan loop
©️ Nelmari Barnard
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Uitstekende gedig