Die mens en sy grense
Oop lê die lewe
se vlaktes van elke mens
en al wat ons moet doen
is om vorentoe
te tree met genade ransoen
en om vreedsaam te versoen
Die keuse tog so eenvoudig
word gelaai met swaar en plig
wat ons self opsaal
en dan wil sug
oor die vrag op ons rug
vasgesluit met slot aan hek van staal
Grense en blokkasies
deur onsself bepaal
spieël terug as ons faal
net omdat ons geslote hekke verkies
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.