Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag
wou ek weer in jou arms kruip
so sonder gedagtes
of tyd wat my versmoor
soos toe ek nog my hand
veilig in joune kon vou
maar nou moet ek myself
in hierdie godverstreke spasie
weerloos in wolke wind.
Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief
tot dagmerke van gister vernag, en
alles weer soos vantevore sin maak
of my Jakob sy pelgrimsreis verlaat
want soos aasvoëls sal almal
uit die eerste vyf minute van gister
altyd weer terugkeer,
al val die son ‘n duisend maal neer
om net weer op te staan
sal hulle graftekens oor my asem kom verf.
Maar kyk, vandag witvlag ek
my voete diep in die grond
so sonder gedagtes
of tyd wat my versmoor
soos toe ek nog my hand
veilig in joune kon vou,
want môre, blaar die son ‘n splinternuwe blom
net vir my en jou, my ligstraal-lief.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Baie dankie vir jou inskrywing Caren.