Die Misverstand
Die Misverstand
Ek sit in gedagtes verskiet onder ‘n weidse
taksambreel met sagte groen lente blaredos
nuut getooi na jare weer onder dieselfde akkerboom—
Ek kom in jou koel lafenis droom
onder ‘n jeugdige jy oor vergange se dae—
Vir my bly jy so jonk en lentevars ek voel
verontreg in jare so ver vooruit gegaan
en met so ‘n generasiegaping kan ons
mekaar ooit nog verstaan?
Takkies ritsel en blaartjies fluister kyk
en knik tergend heen na die ooglopende
barse en skeure van die verweerde stam
se pynlike jaregang in wind en weer—
Kyk nie na die teergroen lentedos
maar op die growwe bas
die grysgroen mos—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
-
Viooltjie
'n mooi skrywe wat mens laat nadink oor veroudering op 'n positiewe wyse. Baie mooi beelde geskep :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Manna
Mooi gedoen.