DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 13
Kas en Alwyn is baie verbaas toe hulle by Moshongi se bed kom en n korrektiewe beampte saam met die konstabel wat hom bewaak by Moshongi aantref. Die korrektiewe beampte verduidelik vinnig dat Moshongi se parool nou ingetrek is en dat hy ook nou by moet wees.
Alwyn en Kas kry elkeen n stoel en begin Alwyn Moshongi ondervra: “Moshongi, die “remote” wat ons in jou rommelkassie gekry het maak die Swart woning se hek en huis oop. Die merk onder jou skoensool pas perfek in die gipsafdruk wat ons van die spoor op die toneel gemaak het. Ons het n waterdigte saak teen jou en nou sit jy nog met n hele rits ander aanklagte teen jou. Jou seun is besig om te sing soos n kanarie en volgens hom het jy hierdie moord in opdrag van Lucky Boy Petsani gepleeg”.
Alwyn bly stil om sy woorde te laat insink maar dit is duidelik dat Moshongi nie gaan praat nie. Hy draai net sy kop weg en kyk na die venster.
“Ons mors ons tyd Alwyn. Kom ons loop Die staatsaanklaer sal hom wel aan flarde skeur as hy onder kruisverhoor kom”, en met die opmerking van Kas staan hulle op en verlaat die kamer.
By die stasie self het sersant Mofokeng meer sukses. Soos gewoonlik het hy regoor Piet gaan sit en met sy beroemde knipmes begin speel terwyl hy Piet vas in die oë kyk. Of dit die sielkundige uitwerking van die knipmes is sal mens nie weet nie maar toe Mofokeng se eerste vraag kom r4aak hy senuweeagtig.
“Piet jy het n paar aanklagte teen jou. Al wit ek wil weet is of jy die boodskapdraer tussen Petsani en jou pa was. Verder wil ek weet of jy die opdrag om Irene Swart te vermoor aan jou pa oorgedra het, jou pa en Petsani het dit reeds erken”, lieg Mofokeng.
Dit is te veel vir Piet en begin hy vertel hoe die moord alreeds in die tronk beplan was voordat sy pa op parool vrygelaat is. Mofokeng moet skryf laat dit bars aan Piet se verklaring om by te bly en toe Kas en Alwyn by die stasie kom bring Mofokeng die verklaring vir hulle. Kas glimlag toe hy die verklaring lees voordat hy dit vir Alwyn aangee om te lees.
“Tyd vir n besoek aan kolonel le Grange en aan Hennie Aucamp. Piet se verklaring is die finale spyker in die doodkis. Ek glo luitenent Tau sal nie veel met Petsani uitgerig kry nie maar dit is ook nie meer belangrik nie. Piet se verklaring is al wat ons nodig het”, en met die woorde staan Kas op en wys hulle moet saankom na kolonel le Grange se kantoor toe.
Toe hulle voor le Grange se lessenaar gaan sit sit Kas die dossier voor le Grange neer wat dit sonder n woord dadelik begin deurblaai. Toe hy die dossier na n hele ruk weer aan Kas oorhandig is sy woorde: “Baie geluk kaptein Dreyer en dit geld vir die hele span”.
Nederig soos Kas wil hy nie die eer toe eien nie en is sy woorde aan kolonel le Grange: “Kolonel hierdie is entlik Alwyn se saak. Ek het hom maar net bygestaan en as jy n persverklaring uitreik laat hom die eer toekom, hy verdien dit.
Kolonel le Grange tel sy telefoon op: “Ek gaan nou n perskonferensie belê vir vieruur vanmiddag. Die joernaliste blaas nou al die hele dag in my nek oor hierdie saak manne en ek wil die hele span op die konferensie hê om julle aan die pers voor te stel”.
Kas staan op met die dossier onder sy arm: “Kom Alwyn, tyd om vir Hennie Aucamp te gaan kuier”.
By die hof aangekom moet hulle n rukkie vir Hennie Aucamp wag wat in n hofsaak besig is as aanklaer. Kas skryf vinnig n nota en stuur vir Alwyn om dit aan Hennie te oorhandig. Toe Hennie die nota kry lees hy dit vinnig en kyk vir landdros Maryna Vosloo wat die saak aanhoor. Maryna kan van Hennie se gesigs uitdrukking aflei dat hier nou iets ernstig is en knik haar kop toe Hennie toestemming vra om haar te nader. Sonder meer stel sy die saak uit waarmee hulle besig is tot Maandag toe en sommer met haar toga aan verlaat sy die bank om saam met Hennie na sy kantoor te gaan.
Toe hulle Hennie se kantoor inkom is Hennie se woorde: “Ek sien jy het hulle Kas, baie geluk”.
Terwyl hy die dossier oorhandig is Kas se woorde; “Hennie hierdie was n spanpoging en alwyn is eintlik die leier van die span, ek het maar net gehelp.
Maryna skud haar kop en glimlag vir Kas terwyl sy deur die dokumente begin gaan soos Hennie dit vir haar aangee nadat hy daarmee klaar is.
Daarmee klaar is Maryna se opdrag: “Irene word more begrawe en sal daar nie veel hier aangaan nie want almal gaan na haar begrafnis toe. Hennie plaas hierdie hierdie saak vir Maandag op my hofrol, ek wil hierdie saak self verhoor en jy moet aankla as senior aanklaer. Ek wil nie tyd mors hier nie en wil hulle so gou moontlik na die rondgaande hof ter strafsitting verwys want hierdie was n vooraf beplande moord. Baie geluk aan julle manne ek is bly hierdie saak is opgelos. Ek hoop net Moshongi word betyds uit die hospitaal ontslaan om Maandag te kan verskyn”.
“Net jammer ons kon nie n erkenning uit Petsani uitkry nie”, is Kas se kommentaar.
“Los hom vir my Kas. Ek sal hom onder kruisverhoor braai dat hy na gaar vleis ruik. Ek wil die dossier more oggend hê dat ek afskrifte kan maak om my die naweek voor te berei op die saak”, vra Hennie.
“Dis reg Hennie maar nou moet ons vertrek anders gaan le Grange vies wees omdat ons nie betyds is vir die perskonferensie wat hy belê het nie”.
Hulle is net betyds by die perskamer en merk Kas dadelik op dat daar heelwat joernaliste is.
Le Grange roep die joernaliste tot orde voordat hy die woord begin voer: “Middag menere. Ek is bly om julle te kan meedeel dat die moord op landdros Irene Swart opgelos is. Ek wil net eers my gelukwensing aan die hele span oordra vir puik speurwerk wat ons in staat gestel het om hierdie saak so gou op te los”.
Kolonel le Grange stel die hele span aan die pers voor en gaan dan aan: “ Danksy n gedagte wat by sersant Alwyn Roos opgekom het het ons die gedagte begin ondersoek en het ons leidrade begin kry wat ons begin opvolg het en wat tot twee arrestasies gelei het vandag. Daar is n derde verdagte wat nie ge arresteer is nie omdat hy tans gevangenis straf uitdien. Hy gaan egter in die hof aangekla word omdat daar getuienis is dat hy hierdie moord uit die tronk uit gereël het”.
Die joernaliste begin skielik opgewonde raak en moet kolonel le Grange hulle stil maak om te kan aangaan: “Die hoofverdagte is vyf jaar gelede deur landros Swart lewenslank tronk toe gestuur. Hy het destyds in die saak vir landdros Swart gedreig en was hy nou die meesterbrein agter die moord. Alhoewel hy self nie fisies die moord gepleeg het nie gaan hy nogtans aangekla word van moord. Ek gaan julle nou in die hande van die ondersoek beamptes laat om julle vrae te beantwoord”, sluit Le Grange af.
Die span moet behoorlik bontstaan om al die vrae te beantwoord en is dit al oor vyf toe die manne uiteindelik met hulle vrae klaar kry en die span kan verdaag.
Toe hulle uitloop is Kas se kommentaar; “Ek kan julle verseker dat daardie hofsaal Maandag gepak gaan wees van die joernaliste. Hierdie is die moord van die jaar. Baie dankie aan julle almal en vanaand kan ons almal lekker gaan slaap.
WEERWRAAKMOORD OP LANDDROS UIT TRONK UIT OPGELOS, skreeu die koerantopskrifte dit die volgende dag uit waarna al die besonderhede van hierdie fyn beplande moord uitgestippel word. Die feit dat die moord vermoedelik uit die tronk uit gereël is is vir hulle n scoop en is daar geen verwysing na die liefdes driehoek waarin sy betrokke was nie. Toe Kas die berigte lees is hy bitter dankbaar daarvoor want hy voel in sy hart dat dit niks met iemand te doen het nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.