Jongste aktiwiteit:

DIE WINKENDE DOOD HFSTK 2

Catherine se ouers vertrek vroeg die Vrydag vir die naweek. Haar ouers se vroeë vertrek gee haar die geleentheid om haarself rustig voor te berei vir haar eerste opwindende aand alleen saam met Paul wat sy so teen ses uur se kant verwag. Hy het belowe om ook bietjie vroeg weg te loop van kantoor af en hy sal ook sorg vir die drank. Hy sal ook vleis saambring, dan kan hulle die aand vleis braai, sy moet net vir hulle slaaie maak en dan kan hulle rustig onder die lapa kuier.

Sy kies weereens haar kleredrag vir die aand sorgvuldig uit en besluit op n rooi mini rompie met n rooi bloes met n baie lae hals daarby. Sy het nog nooit die bloes aangehad nie en het dit eendag op die ingewing van die oomblik gekoop. Dit was toe sy by die huis gekom het en dit aangepas het wat sy besef het dat die hals darem baie laag is. Sy het dit toe gebêre want sy het geweet dat haar ma sal n oorval kry as sy haar daarin sien. Sy gee vanaand nie n flenter om nie want sy stel net in een ding belang en dit is om Paul te wys dat sy met die ouer meisies kan kompeteer.

Catherine haal net die sitkamer nadat sy klaar is toe die rooi BMW voor die deur stop. Sy is dadelik by om in Paul se arms in te val om hom met n warm passievolle soen welkom te heet. Sy het die motorhuis se afstandbeheer by haar en druk sy die knoppie om die deur geruisloos te laat oopgaan sodat Paul die BMW in die motorhuis kan bêre. Sy wil nie hê die hele wêreld moet die BMW sien nie want as hulle die motor die hele naweek daar sien gaan daar stories rondloop.

Sy neem vir Paul dadelik spaarkamer toe om sy tassie te gaan neersit en vertel hy haar dat hy ook net gou eers wil gaan stort en verklee want hy het nog sy kantoorpak aan. Sy neem die sak met die vleis in by hom en gaan sit dit solank in die yskas.

Toe hy weer tevoorskyn kom verras hy Catherine om die eerste keer voor haar in n kort broek te verskyn wat sy welgevormde bene ten volle ten toonstel. Sy hemp is laag oopgeknoop om n harige borskas te vertoon.

Catherine voel haar bene jellie word en is sy in sy arms toe sy hom vasdruk en in sy oë kyk en fluister: “Jy maak my lam Paul Verhoef”. Na n passievolle soen wat haar bene nog verder jellie maak fluister hy terug: “En jy maak my net so lam Catherine Scholtz, jy is die mooiste meisie op hierdie aarde. Ek begeer jou met my hele hart en liggaam en wil altyd joune wees”.

Hand aan hand vertrek hulle dadelik lapa toe en gooi Paul dadelik vir hulle n drankie in. Hy kom langs haar sit op die bank en neem hy haar hand in syne. Hulle gesels rustig oor alle dinge en vertel hy haar van hulle huis in Alberton en dat hy in n woonstel agter die huis bly. Hy kom en gaan soos hy wil want sy ouers glo dat hy darem groot genoeg is om na homself te kyk. Intussen kan hy nie sy oë van Catherine af hou nie.

Na die tweede drankie besluit hy om die vuur op te steek terwyl Catherine n derde drankie skink. Die drank begin nou kop toe gaan en raak hulle al hoe geselliger. Vir Catherine voel dit vir die eerste keer in haar lewe of sy belangrik is vir iemand is soos Paul haar met mooi woordjies vlei en gedurig aan haar raak en soen. Sy reageer gewillig op sy aanrakings en soene en raak net so baie aan hom want vanaand voel sy volkome volwasse. Drank maak n jong verstand roekeloos en begin sy stadig beheer oor haar denke verloor. Onder die vleisbraai deur volg daar weer die een passievolle soen op die ander en begin die hunkerings in haar liggaam al intenser raak. Paul is n ervare jagter en kom dit agter.

Sy dek vir hulle onder die lapa tafel en na die vleis gebraai is eet hulle saam onder die lapa. Atmosfeer kan n groot rol speel en met die maanlig wat op die swembad se water blink begin Catherine se weerstand verkrummel met die eerste drankie na ete. Sy voel dit raak nou tyd om van die wit poeier te gebruik wat sy gekoop het. Sy bied aan om drankies in te gooi terwyl Paul gou toilet toe gaan. Ongelukkig sien hy haar die poeier ingooi net toe hy by die kombuisdeur uitkom. Hy sê egter niks want hy besef dadelik wat sy probeer doen. Alhoewel hy nie self verdowingsmiddels gebruik nie ken hy dit. Hy weet ook goed wat die gevolge daarvan is want hy het dit al baie in die kuierplekke gesien. Hy neem sy drankie maar sorg dat hy by n groot potplant gaan sit Hy maak of hy drink maar gooi elke slag n bietjie in die potplant uit sonder dat Catherine dit agterkom.

Die drank met die middel is besig om haar sinne te verdof en begin sy wegsweef in n vreemde wêreld wat soos in n droom begin, ver verwyder van die werklikheid af. Dit is vir haar of alles se kleure verdiep en Paul baie meer aanloklik vertoon. Die middel werk spoedig sterker op Catherine in en verloor sy heeltemal beheer oor haarself. Dit is of sy op n ander planeet aankom, sy voel vreemd roekeloos en is dit of sy verder sweef.

Sy raak weg in n wêreld wat sy nie ken nie en toe Paul haar aan die hand neem en kamer te lei stap sy gewillig saam. Sy laat hom toe om haar te ontklee en toe hy haar op haar bed neerlê kan sy nie wag dat hy homself ook ontklee en by haar kom lê nie. Haar oorgawe aan hom is ten volle en is dit wat sy ervaar met hulle eenwording n ekstasie gevoel wat haar liggaam laat skreeu na nog meer. Dit word n passievolle liefdesnag sonder perke waarin die opgekropte begeertes in haar hulle ten volle uitwoed.

Hulle word laatoggend wakker en met die verdowings middel en drank nou halfpad uitgewerk besef Catherine met n skok wat gebeur het. Sy voel skaam, vlug uit die bed uit om te gaan stort en aan te trek terwyl Paul nog slapend in die bed bly lê.

Toe sy uit die stort kom lê hy nog in die bed en toe sy by hom op die bed kom sit neem hy haar in sy arms met n warm passievolle soen. Die skuldgevoel in haar verkrummel en eindig hulle die soen met n vuurwarm liefdessessie wat net klaar is toe Paul se selfoon lui.

Uit die gesprek wat volg lei Catherine af dat daar by hulle n krisis op kantoor onstaan het en dat hy dadelik sal moet vertrek. Sy weet nie dat Paul met een van sy vriende gereël het om hom te skakel sodat hy n verskoning kan kry om terug te gaan nie. Met sy doel bereik stel hy nie belang daarin om die naweek verder by Catherine te kuier nie.

Net daarna gaan Paul stort en vertrek met die verskoning van baie werk op kantoor wat nou dadelik moet aandag kry met die krisis wat ontstaan het nie.

Catherine is baie teleurgesteld en wyt sy die drange wat in haar liggaam ontstaan aan hierdie teleurstelling toe. Om oor hierdie teleurstelling te kom drink sy weer bietjie van die wit poeier wat haar dadelik wegvoer op n reis na n wêreld wat sy nou begin leer ken.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak