Jongste aktiwiteit:

Die wonder van ma word

jou bloed vloei in my
my bloed vloei in jou
my kind van God gekry
ek asem jou soet beloftes in
jy ontkiem diep binne my
groei tot iets amper heilig
jy is deel van my
ek is deel van jou
hier by my is jy veilig
ons harte klop as een
jou naelstring dring deur my
ons hartklop so saam is geleen
jy penetreer my wese
ineengestrengel ek en jy
kind van my hoop en my vrese
ek is vir altyd aan jou gebind
maak nie saak waar jy dwaal
ek bly jou moeder en jy my kind




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed