Jongste aktiwiteit:

Drome word waar

Onverwags kry Willemien ‘n oproep van ‘n ou bekende vriend, sy is so opgewonde sy kan skaars behoorlik praat op die cellfoon . “Hi Shaun, wat ‘n verrassing om weer van jou te hoor. Net nou die dag sit ek en wonder hoe gaan dit nog met jou, ons het laas so vinnig gegroet net nooit die tyd weer gehad om behoorlik te kon kuier nie “ Shaun lag aan die anderkant, “ ek het darm aan jou ook gedink en gewonder of jy al verloof of getroud is?. “Nee jong! Waar sal ek tog nou iemand kry wat met al my nonsens opgeskeep wil sit jy weet ek kan maar ‘n handvol raak met tye, “Willemien trek oudergewoonte haar groot bruin oë op ‘n plooi vir haar eie uitlating. “Ons moet plan maak iewers te gaan koffie drink, weer op te vang oor al die gebeure die laaste 5 jaar.“ “Beslis sal lekker wees,” sê Shaun met ‘n breë glimlag en met ‘n vonkel in sy oog.

Twee weke later ontmoet hulle in die mall by ‘n koffie kroeg. Willemien het haar hare ekstra mooi gesny en gestilleer vir die geleentheid, en in haar denim en gypsy bloes lyk sy asemrowend mooi. Sy kyk rond of sy nie vir Shaun iewers gewaar tussen die menigdom en gedrom van mense, dan vang haar oog die lang donkerkop man. Haar hart spring so paar keer wild in haar borskas en haar bene voel effens lam, nog steeds net so aantreklik dink sy by haarself en ‘n effense gloed sprei rooi oor haar wange soos sy bloos. Sy loop na hom en glimlag breed toe sy voor hom staan . “Hallo Shaun, man dis lekker om jou weer in lewende lywe te sien. “Shaun kyk met sagte oë na haar, “ Jy lyk nog net so pragtig soos altyd, verander ook niks soos my ma altyd sê vrouens verouder soos rooiwyn raak net beter en ryper met tyd.“ Hy glimlag vir haar, en gee haar ‘n stywe drukkie. Willemien snak na haar asem en glo hy kan hoor hoe wild haar hart nou klop, effens selfbewus loop hulle na die naaste tafeltjie , waar hy regoor haar gaan sit. Hy gee ‘n bossie vrolike blomme vir haar wat hy in die verbyloop by ‘n winkel gekoop het. “Dankie Shaun hulle is baie mooi,” jy is nog net so romanties soos altyd. “

Na ‘n gesellig kuier groet hulle mekaar, “ Sien jou gou weer Willemien, die keer moet ons nie weer so lank wag nie.” sê Shaun met ‘n ernstige toon in sy stem. Willemien stem saam, verseker wil sy nou gereeld kontak hou met hom en meer dinge saamdoen, hy is ook baie avontuurlustig en sy wonder of sy hom nie dalk moet saamnooi na haar wildtuin vakansie wat om die draai is. Die volgende week stuur sy ‘n whatsapp vir Shaun, “ Hi Shaun, wil jy nie saam my gaan vir ‘n paar dae net wegbreek uit die stad vir ‘n bietjie rus en vrede in die bosveld?” “Dit sal heerlik wees dankie, kan nie wag nie.” Sy lig hom in van die datums wat sy bespreek het en waar,” afgespreek dan,” sê Willemien in ‘n opgewekte stemtoon. Die volgende drie weke het gesloer, en hoe nader dit aan die tyd kom hoe meer benoud voel sy. Sy gaan saam hierdie man vir tien dae in die bos wees, sy ken hom nie behoorlik nie net vriende op whatsapp gewees vir paar jaar. Die kere wat sy hom gesien het was maar min, te kort tyd om iemand te leer ken.

Die dag vir hulle vertrek het uiteindelik aangebreek, dit is vroeg die oggend toe Shaun voor haar huis stilhou hy het aangebied om met sy kar te ry. Willemien nooi hom in vir ‘n koppie koffie en sy het reeds ‘n smaaklike ontbyt voorberei. “Mmm, wat ruik so heerlik ek is sommer nou vreeslik honger,” spot hy met haar. Sy glimlag verleë, ”net ‘n vinnige ietsie aanmekaar geslaan voor ons die pad vat.” Hy het omtrent die ontbyt geniet, “ dankie dit was heerlik Willemien.” ” Groot plesier, nou is ons reg vir die groot avontuurtog wat vir ons voorlê.” Hy pak haar bagasie in sy kar, glimlag vir al die tasse en kos. Vrouens pak omtrent hulle hele hangkas al gaan hulle net weg vir ‘n paar dae, teen sy rugsak lyk dit omtrent of hulle vir maande weggaan. Die pad het gou gevlieg, voor laatmiddag hou hulle by die kamp stil”. Dis ‘n lielike plek, met netjies toegeruste charlets vier in een kamp. ‘n Klompie bosvarke heet hulle welkom uitgehonger vir bietjie mens kos, “ hulle is omtrent mak sê Willemien terwyl hulle begin afpak.” Ja, die mense bederf hulle met gewone kos, maar wees versigtig hulle bly maar wild,” waarsku Shaun haar. Die kamer het twee enkel beddens wat styf teen mekaar staan, in die hoek staan ‘n tafeltjie met ‘n ketel en paar koffie bekers, sy sit haar tasse op die een bed neer.

Hulle het besluit om later uit te pak, wil eers alles gaan verken om hulle. “ Dis altyd so rustig in die bosveld,” sê Shaun terwyl hulle ‘n ent met die grondpad oploop. “Ek ontspan so lekker in die bos, niks gejaag of lawaai, mens se siel het nodig om soms net te ontlaai.” “ Dit is waar Willemien, ons het so min tyd net om af te sluit en weer vrylik asem te kan haal.” “Ek hoop jy gaan die verblyf saam my geniet Shaun.” “Verseker, ek voel al sommer klaar ‘n ander mens, meer ontspanne niks jaag mens hier nie.” Daardie aand maak hulle ‘n vuurtjie en braai vleis, hy skink vir haar ‘n glas droë rooiwyn en kry vir hom ‘n bier. Dit is ‘n lieflike aand, eintlik nog winter maar die klimaat is soveel warmer hier dat hulle tot laataand nog buite sit en gesels. Al die geluide om hulle, die gekwaak van ‘n brulpadda, die sterre wat helder skyn in die hemelruim dit is so mooi die skoonheid van die natuur hou sy eie bekoring in . Daardie nag slaap Willemien met mooi gedagtes, en sy droom van ‘n lang donkerkop man wat haar hart wild laat bons.

Vroeg die volgende oggend is hulle in die wildtuin, so halfuur sy ry van hulle kamp af. Wanneer hulle oor die krokkedil rivier ry voel dit vir Willemien eintlik nog ontwerklik. Sy kan nog steeds nie glo hy het ingestem om saam haar te kom nie. Shaun sien dat sy baie vêr dink en raak saggies aan haar hand, sy skrik wakker uit haar droomwêreld en kyk na hom baie bewus van sy aanraking. “Ek hoop ons is gelukkig en sien sommer baie diere,” probeer hy die ongemaklike stilte breek. Laat daardie middag hou hulle ‘n trop olifante dop wat langs die pad loop, “Dis darm maar mooi om hulle so naby te sien,” sê Willemien met bewondering in haar stem en neem ‘n paar foto’s. Hulle vergeet skoon van die tyd en merk later op dat dit al heelwat laat is. “ Gaan ons betyds wees vir die hek?” vra Shaun. “Ek dink so, ons moet nou net nie verdwaal nie hulle sluit die hekke al half ses en laat niemand dan uit nie.” “Ek het gehoor daar is plekke wat hulle mens laat oorslaap by die hek vir die wat nie betyds daar is nie,” se Willemien met ‘n terg in haar stem. Na ‘n hele ent hou Shaun stil, “ jong ek dink ons gaan hier slaap in die bos vanaand die grondpad voel darm nou te lank ons moes al lankal by die teerpad aangesluit het.” Willemien probeer op die GPS kyk vir die roete maar die opvangs is swak. Gelukkig kom daar ‘n motoris verby en hulle stop hom, “ Goeie dag meneer,” groet Shaun. Kan u asseblief ons help met die rigting na die naaste hek.” Hy neem hulle padkaart en trek vir hulle ‘n sirkel om die plek waar hulle nou is. “Nog so tien minute dan is julle in die teerpad dan so vyftien minute tot by die hek.” “Dankie meneer,” bedank altwee hom gelyk baie verlig dat hulle wel nog op die regte pad is. Dit was ‘n wonderlike dag, hulle het dit vreeslik baie geniet. Gelag, geterg baie gesels, heerlik piekniek gehou by ‘n uitkyk punt waar hulle onder in ‘n droë rivierloop twee seekoeie en ‘n kameelperd gewaar het. Die wildtuin is droog die tyd van die jaar, en die diere is beperk met watergate . Naby die kamp stop hulle by ‘n winkel en koop paar los goedjies, na hulle elkeen ’n drankie gedrink het by die restaurant is die al amper weer donker . Dit was ‘n plesierige dag en na ‘n heerlike aandete in die buitelug stap hulle terug na die charlet.

Dis Vrydag aand en Willemien is besig om slaai te maak vir die braai terwyl Shaun in ‘n lawwe bui is. “Kom ons dans,” hy soek gou op sy cellfoon ‘n lekker opgewekte dans liedjie, en sit dit kliphard aan. Gelukkig is hulle alleen in die kamp waar hulle is iemand kan kla nie. “Jy’s verspot,” lag Willemien Shaun trek haar nader en begin dans. Hulle lag so hard want dit is ‘n groot gesukkel om mekaar se ritme te leer kort- kort trap hy op haar tone. “ Ons moet meer gaan dans, ek geniet dit baie en dis goeie oefening ook,” ek stem sê Shaun. “Wag ek net asem skep,”Willemien gaan sit by die tafel sy lag so vir die laffigheid dat die trane rol. Van pret was daar geen einde daardie aand, foto’s is geneem van mekaar op die snaakste plekke en maniere.” Staan hier onder die takke dan loer jy vir my onder deur daai prieël, Willemien probeer tussen die blare deurkyk. Dit lyk vreeslik snaaks en Shaun kan nie help om uit te bars van die lag. Willemien dink dis vreeslik snaaks sy giggel aanmekaar. “Hang bietjie om die paal Shaun, dan neem ek jou af,” Shaun kyk met ‘n terg in sy oë vir haar en sy besef so in die stilligheid dat dit ‘n baie mooi man is, sy voel vlinders in haar maag en neem vinnig ‘n foto voor hy haar gedagtes kan lees. Na ‘n paar foto sessies langs die swembad hoor hulle skielik ‘n geritsel in die gras en ‘n benoude geskreeu van ‘n bosvark sommer hier naby hulle. “Wat was dit?” vra Willemien met groot oë, “ ek dink dis daai verdwaalde leeu wat hulle van praat hier in die park,” sê Shaun half onseker e nook skrikkerig. Sonder om te huiwer halrdloop hulle na veiligheid van die charlet en loer saam die donker nag in. Hulle het nog lank daarna gesit en lag vir al die pret daardie aand, na ‘n smaakvolle ete ruim hulle op en keer terug na die charlet. Hulle ontdek die beste en mooiste van mekaar ‘n kosbare tyd saam en hulle benut dit ten volle.
“Ek is lief vir jou Shaun,” hy trek Willemien tot styf teen hom en beantwoord haar met ‘n lang innige soen. Twee harte wat mekaar gevind het daardie nag, het een geword. “ Ek is reeds lankal lief vir jou ook,” sê Shaun met ‘n vonkel in sy oog. Hy trek haar styf teen hom en hulle lippe raak aanmekaar. Passievol soen hulle , ‘n lang verlore liefde wat ontdek is en hulle weet nou drome word regtig waar. In mekaar se arms raak hulle aan die slaap, ‘n nuutgevonde avontuur van liefde het ook vir hulle begin hier in die bosveld. Elke dag was ‘n nuwe belewenis vir hulle, die tye in die wildtuin langs die braaivleis vuur en nuwe dinge wat hulle van mekaar ontdek het. “Vandag is ons laaste dag hier, kom ons gaan bietjie na Kaapsehoop,” stel Willemien voor. “Ja dit sal lekker wees, ek was nog nooit daar nie het al gehoor van die sprokiesagtige dorpie net anderkant Nelspruit.” Dit was ‘n fantastiese dag, die dorpie met die wilde perde wat oral rondloop al die mooi winkeltjies al was dit ‘n koue winderige dag het dit hulle glad nie gepla nie. Elke oomblik het hulle geniet, elke uur van elke dag was onbeskryflik lekker, Willemien is nie vir ‘n oomblik spyt sy het Shaun saamgenooi nie dit was alles die moeite werd.

Vroeg die volgende oggende pak hulle, “ dankie Willemien vir ‘n wonderlike tyd saam jou ek is so dankbaar ek het die geleentheid gehad om saam jou te kon kom.” “Dankie vir jou ook Shaun dit was die beste vakansie wat ek nog ooit gehad het, ek sou dit nie anders wou hê.” Soveel mooi dinge het hier gebeur , en die mooiste van alles is dat hulle besef het hulle lief is vir mekaar.

Einde




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak