Droogte
Met ‘n traanlose gehuil oor liefde,
en verlore in onseker handelinge,
soek hulle vir rede, vir antwoorde,
vir die lyding en hul ewige smarte.
Benoude tye en angstige gesug,
wandel hand in hand oor ‘n brug,
gebou deur die wat wil wegvlug,
weg van die klug wat denke belig.
Vrede, met sy hande uitgestrek,
waai soos die wind, heel gebrek,
en hongerte vlug uit by die hek;
Sy trane het ons weer versterk.
Terwyl die Engele lofliedere sing
en die heelal treur oor die onding,
wat die reg van die Heer beding,
is Hy besig om Sy wil te volbring.
Waar genade groei soos plante,
en lote sprei oor vlaktes verlate,
waar waters, nes die versaakte,
hul lewensweë vorm soos strate.
17/01/2017 © C. du Plessis
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
altyd lekker om Casper se werk te lees