Jongste aktiwiteit:

Vind nie fout

As jy nie in die skoene staan
van een wat sy weg wil baan,
en sukkel om regop te staan,
sal jy dit nooit kan verstaan.

Jy mag dalk sterk van gees,
en in persoonlikheid, wees,
maar twyfel kan daar wees
en dit, dit knak enige gees.

As jy sy las dra, kan ook jy
struikel en val net soos hy,
wat die duiwel moet bestry
wyl die lewe die weg berei.

Sy skoene mag hom druk;
wyl hy die seer onderdruk
is daar ‘n las wat hom druk
en die mat onder hom uitruk.

Vind dan nie fout met hom nie
tensy jy geen sondes het nie,
nie twyfel in die Almagtige nie
en Sy stem wat bly fluister nie.

26/01/2017 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed