
duisende
ek was ‘n heerser oor baie
my wysheid het my vooruit geloop
my soeke na wysheid en kennis ongeëwenaar
uit duisende mans kon ek dalk een kry wat regverdig was
dieselfde kon ek nie van vroue sê nie – seker daarom
dat ek met honderde vrouens getrou het
ek was ‘n heerser oor baie
in my tyd en lank daarna geeneen soos ek
wat ek in spreuke geskryf het word vandag nog gebruik
al my gejaag na wysheid, rykdom en kennis was tevergeefs
ek het paleise gebou en aan al my mense reg laat geskied
maar selfs daarin was daar geen langdurige geluk
ek was ‘n heerser oor baie
ongekende rykdom en wysheid het ek gehad
maar eers lank daarna het die ware Wysheid te voorskyn gekom
al my aardse gespook was ‘n tydlose gemors van tyd
selfs al word my naam in die Bybel verhaal
was ek net maar nog een van miljoene
©Teárlach
(N.a.v. Prediker)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.