Delila
Delila
sy vang my met haar sagtheid
beheer my met haar vlees
bevry my met haar gunsies
genees my met haar gees
sy sleur my uit my sluimer
en voer my met haar mee
deur al die donker dieptes
as sy alles vir my gee
sy ruk my logge liggaam
na makabere genot
en gee my voete vryheid
met die vlerke van ‘n sot
sy stuur my op ‘n snelweg
deur ‘n siere blommeprag
dwarsoor duisend sterre
in die middel van die nag
sy gryp my aan die hand
as my voete gly
en dra my op ‘n liefde
wat my hele lyf verlei
sy skeur my grou gewete
teen my hart se grein
en laat my met ‘n lewe
wat vir ewig pyn
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.