“ee” (Brons)
ek kon nie ontsnap uit die greep van “ee”
nes ek wil loop sug sy, O wee
sy wil net eenvoudig nie opgee
sy wag alweer op die volgende tree
ek beroep my op die wind en die see
selfs daar speel sy in die branders mee
roep ek die meermin en die goeie fee
sien ek terloops hul drink saam tee
ek dans toe weg op die maat van twee
genade! sy agtervolg op ‘n slee
haar arms vol brood en patee
iemand gaan vir my raad moet gee!
ek gesels met die maan, maar hy sê nee
hierdie saak moet jy versigtig betree
ek wag toe braaf om haar aandag te gee
en versigtig te sing … die antwoord is nee
© Francois Meyer Mei 2022
2 Kommentare
-
Elizabeth
Mal hieroor, knapgedaan Francois
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek