Soekwoorde (brons)
toe weet se mollige lyfie
teen wonder aan kom druk
het genoeglik byna dorstig
aan my pen se ink kom sluk
‘n blanko bladsy terg my
sonder eers ‘n blot
maar die skepper van my versies
is letterlik bankrot!
krabbelmens sonder krulletjies
‘n woordanalfabeet
kan dít wees wat
‘n stil-tevrede digter sou kon heet?
©️Elize Kruger
7 Mei 2022
3 Kommentare
-
Elizabeth
Lief dit, pragtig Elize!
-
Seirdna
puik
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek