Jongste aktiwiteit:

Een oog toe

 

Een oog toe skaats die kruin van die golf

 

agterna druis ‘n aardige gevolg

 

een oog toe verkondig sy ewige troos

 

sonder korrupsie aan‘n volk hopeloos

 

 

 

‘n Volk wat in vodde droë mond gaap

 

na die motors, die huise en skone gewaad

 

van een oog toe en sy gevolg

 

selfs sy sabbat behoort aan gholf

 

 

 

Een oog toe genees Armoede kwansuis

 

met pakkies van Omgee van huis tot huis

 

een vir my,en een vir jou

 

en jou voorspoedblom…waar’s mýne dan nou?

 

 

 

Die skaal van Leef hel oormatig oor

 

na die kant waar menswees sy stryd verloor

 

maar een oog toe gee om !

 

geduld, my volk: jou beurt sal kom !

 

 

 

Een oog toe vertel wat jy wil hoor

 

Hy paai en lawe tot jy saamsing in sy koor

 

na die sirkus, in die puin van jou huis

 

Verpletter jou siel want jy wéét niks is pluis

 

 

 

Jy sit en meet hoe jou kers korter brand

 

daar is geen reddings tou in jou hand

 

die nood sit dik onder in jou keel

 

is dìt dan nou jou deel ?

 

 

 

Emosie loos sit die suur in my maag.

 

want een oog toe sal het nie opdaag

 

ouma skreeu

uit die Kaamer en brom

 

net van Almagtige God sal ons hulp kom




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed