Jongste aktiwiteit:

Eensaamheid (Opdrag 3)

ek mis die dae van mis voor die agterdeur
wat die reinheid van reën oor die berge skryf

in die huis sit ek nou en luister na ñ Godsverlate noot
wat melankolies neurie deur die gange van gebrokenheid

dis die kamers wat koudbloedig kreun agter die skadukant van die maan
waar die rook my misleidend in die na-nag ure van jou oë omvou

gaan die son eendag weer in die krake van onheil rus
en die vel van ñ sondaar van seerkry genees?

© Ryno Rossouw

“Dis die skadukant van die huis” uit Stiltetyd deur Marita van der Vyver




9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed