Jongste aktiwiteit:

Tien is nie heilig nie (Opdrag 3)

in die Groot Woord maak drie ‘n Eenheid
en groei met skeppingglorie tot sewe selfs perfek
twaalf is voltallig
soos dissipels en stammebloed
wyl vyf in brood- en visse-wonders voed

maar tiene kom in maagde
en melaatses se siek
takspersentasies en die Dekaloog
nes bedryfstatistiek

tien toor die lewe in geld en in jare
mens leer ook nooit die tafels nie
nulle las voor jy weer sien
vlieg tyd in eeue
met die mag van die mag van tien
flip die lewe wel dekades
en ‘n huwelik werk herdenking vonnis
verloop tien teen een
soos somme skuif ‘n komma
desimeer dekadeer
weer tot ‘n ronde koele geen

© Charleine Collins

(“Drie wel, en sewe en twaalf, selfs vyf – visse en brood en dissipels, maar met tien maak jy somme.” Uit: Winterreis – drie vertellinge. Henriette Grové. p. 20)




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed