
ewe-knie
die skottel is mooi vol bruinbroodmeel
stukke plaasbotter en plantjie suurdeeg
louwarm water en paar lepels bruinsuiker
dan begin die harde werk om te knie
voorskoot om lyf getooi om en vas
deur en deur word deeg geknie
nou en dan word hande
droë meel gevryf
deeg af te kry
dan is dit reg
witdoek oor
warm kombers
word omgevou
nou moet dit rys
more vroeg word deeg
terug geknie in panne gepak
toegemaak om weer te rys
dan eers in warm oond
dan kom die geur
die geur van
vars brood
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.