Anderkant is Niemandsland (Opdrag 3)
Nooit kon dink daardie aand was die laaste agter jou rug,
waar ek ‘n wyle vertoef het in die binnekamer van jou liefde…
jou lippe was soet, was sag en strelend –
jou oë die vensters van toe, nou toe vensters van jou oë
wind het jou enkelry voetspore saamgeneem
na die anderkant van die Niemandsland grens
waar die dood ‘n uitgeworpe engel is in ballingskap
en jou identiteit was ongevraagd vervreem
dan huil ek soos wind onbedaarlik, weenend seer
en hang my trane uit soos bokkoms om te droog
en vee die soutspore op my wange af met trots,
trots wat nie ‘n naam het nie, wat wees rondhang
in die stegies van ‘n vergeelde stamboom
my lief… kan ek maar ons blaker brandsteek,
die blaker wat hierbinne nog flenters skuil
en sou jy dalk my S.O.S rooksein sien
of is jou oë nog wit waar die engel bid
my lief… hoe lank nog gaan jou beeld op my hart lê
hier waar woorde te min word om te sê
©Cornien Naudé
26/07/2018
anderkant die grens om ballingskap
die na-dood
deur
Breyten Breytenbach
9 Kommentare
-
-
Loretta Szikra
Baie goed gedoen Cornien.
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Callie Vermeulen
Pragtig Cornien.
-
Elroux
So 'n mooi harseer gedig Corien
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goeie werk, Cornien :-)