Jongste aktiwiteit:

Los my hart by die deur as jy gaan (Opdrag 3)

“los my hart by die deur as jy gaan” het ek vir jou gesê
die sterre het toe nog gelag, toe jy nog hier was
soos die soetste rooi wyn, so was jy vir my
ondertone van muskus draai steeds in die gange rond
en ek voel jou aanwesigheid steeds oral om my

“los my hart by die deur as jy gaan” het ek vir jou gevra
maar soos mis voor die goudgeel son het jy verdwyn
vinnig, genadeloos, gewetenloos
het jy alles opgepak
so asof dit in een tas kon pas

“los my hart by die deur as jy gaan” het ek jou gesmeek
ek wens ek kon alles skoon was, dat dit kan wees soos wat dit was voordat jy hier was
maar steeds bly my hart glo
dat êrens tussen gister en vandag
daar steeds ʼn plek is vir my en jou
ʼn plek waar die sterre steeds oopbek lag

© nadia nagel
“Ek los die rooi tas daar en draai vinnig om” uit Stiltetyd – Marita van der Vyver




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed