Elegie
Elegie
Ouboet,
hoor die nanag se sang,
die roep van die korhaan hang
nog in die lug en die nagvolkies bang,
het lankal die slaap gaan opvang
en ‘n nuwe dag strek hande na jou uit
nooi kom en leef voluit—
Ouboet,
hoor jy die voëls se gekwetter,
die natuur se wekkers vrolik trompetter,
ontwaak en skrik
uit die sielenag se strik!
Ouboet,
ma praat met jou
jy is maar net hier om ons rond, hou
ons twee se visstokke in die hand,
ek en jy vrolik op die strand
jou vreugdelag
my sonskyndag!
Ouboet,
die son het vir jou anderkant opgekom
sy glans het jou momenteel verblind, verstom—
Jou heengaan na ‘n ander sfeer
spoel donker rookwolke van hartseer
oor my so oneindig groot
my hart ontbloot
uitgeruk
hardhandig uitgepluk
op hierdie noodlotsdag,
maar sonder ‘n laaste lag
want,
die donker geen
waaroor ek ween
het gewis
jou lot beslis
maar jy sit
nou in die ewige lig,
die donker sluier van jou siele-oog gelig,
en jy bly bowenal ons kind—
ons sal jou weer terugvind
verseker pa en ma
jou, in ‘n lewe hierna—
Janetta – Helena [Babs] ©
3 Kommentare
-
-
Koekekranka
Sielvol,.. vol rou.. maar leslerend sonder verwyt of kwaad in opgewonde positiewe versekerdheid... Puik!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe tannie Babs hierdie is n hoendervleis gedig!!! Puik gepen ... ja die "swart hond" is n vreeslike ding om mee saam te leef...