Gelukkig-klink-gedigte
Drome
Skuil in verse
Pyn
Agter woorde
‘n hartseer-traan
Op die papier
Waar ek sê
Jy maak my gelukkig
My vuis
Slaan woedend
‘n Glimlag
Tussen lyne vas
Woorde
Verse
Paragrawe
Oor jou
In ‘n koevert
Netjies geseel
En vir altyd
Toegevou
3 Kommentare
-
Koekekranka
...Dalk tog nou tyd om die koeverte wat so sorgvuldig geseël is te laat oopmaak?
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Ai Niel, hoe sal sy ooit weet, maak oop die koevert, jy sal moet praat jy kan mos nie die liefde so geheim hou nie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig Niel