Help my onthou
help my onthou
die droomblou in jou oë
as ek liefd’ryk daarin kyk
voor gedagtes grys word
en skakerings mettertyd
sleepvoet daaruit wyk
help my onthou
die strelend lied van jou stem
as jy male sonder tal neurie
hoe kosbaar ek is en hoe jy voel
spesifieke klank sal stadig verdwyn
soos organe oppak deurtrek met pyn
help my onthou
hoe jou hande streelsag kon troos
soos jy my rondomtalie oplig
‘n liefdeskus op my voorkop plant
daaraan wil ek vashou vir ewig
in geheue van my hart vasbrand
help my onthou
om alfabeties herinneringe reg te pak
al die mooie ranskik op my geheuerak
daagliks dit dan netjies kan afmerk
met ‘n goue ster of slegs ‘n strepie trek
maar daardeur wil ek ewig bly blaai
tot tyd aanbreek dat ek slegs moet raai
help my onthou
jou unieke beeld voor my geestesoog
met volrond lippe – jou skelm knipoog
komieklike sêgoed wat my dag opbeur
jy was en is die rede vir my bestaan
as dit dan eendag so MOET gebeur
help my onthou en droog af my traan
10 Kommentare
-
neels
ouderdom is nie vir sissies nie vra vir my. en daardie vergeetagtigheid raak. erg. evelyn hierdie werk verdien n skitter diamant
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Baie mooi Evelyn, en as die onthou nie meer help nie, wees dan net daar vir my!
-
Koekekranka
So sielsmooi! ( En dit verklap die prag van jou dieper psige?)
-
Kiekies
Awww dis so mooi!
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtige beelde van die geheue wat jy pen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
... ja die onheil van Alzheimers... baie mooi gepen