Een twee drie blok myself
Hoop sonder ophou
al is daar geen hoop
en glo sonder einde
al kan jy nie meer glo.
Bo my blok die plafon
dat geen gebed deurkom.
Onder my lê klippe gesaai
wat my laat val en draai.
Goed gekondisioneer,
gebreinspoel en geleer
om te glo, hoop en vertrou.
Hoe hou jy aan, as dit verflou?
Vrae hou aan maai
oor landerye waar jy probeer saai,
en selfs die son se strale hang yl
terwyl twyfel oor jou gedagtes kwyl.
Wegkruipertjie speel is swaar
as jy God nêrens gewaar,
en al wat oorbly in gedagte delf
is een, twee, drie…blok myself.
5 Kommentare
-
Koekekranka
Mensie, jy soek (lyk dit vir my) verkeerde kante toe na ons Skepper. Hy is nie bo die plafon of elders absent nie, maar sommer hier langs jou onder die plafon en as jy net geestelik wil dink en stil wil luister sal jy Hom sommer binne jou hoor klop!
-
Janetta-Helena Boonzaaier
God is gees, niks kan Hom blok nie, en jy kan jouself nie uit Sy gesig bedek of versteek nie, die enigste plafon is die tekort aan vertroue! Een van die Russiese lugvaarders het gesê hy het orals daarbo rondgekyk maar God nêrens gewaar nie! Die dag van aangesig tot aangesig sal wel kom!
-
Kiekies
Sjoe dis so eerlik en opreg geskryf! Niemand kan ontken dat elkeen soms, al issit net 'n paar oomblike, ook so voel nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Nee wat.. more skyn die son weer.. Hy dra ons daar waar ons nie kan loop nie!! Pragtig aan hierdie seerkry en vol vrae gedig gepen