Dieptes
Dieptes
In geestelike resessie
gevange in donker kelders van depressie
doolhowe wat lei na nêrens, vaag elders—
Uitgange is versteek
jy bly verlore vassteek
elke oplossing ‘n impasse
en gladnie opgewasse
aanvaar jy alles gelate
verlate jy’s geen bate—
Die put het geen lere
ook geen wysgere
om ‘n tou af te rol
en jou uit te katrol
na die lig toe uitred—
Vasgesuig in die slyk se net
gewaar jy moeg
gewroeg
onder vanuit modder en donker
daarbo flonker
sterre en besef noodlotsbedroë
met nuwe oë
wat soek ek hier onder
daarbo is soveel te beleef te bewonder?
Vasberade opwaarts met ferme hande
gly-gly wilskrag uit teen glibberige wande
laat laste in slyk versink en swig
nie maar reik na die lig
subliem en
Carpe Diem!
Janetta- Helena [Babs] ©
3 Kommentare
-
Woordwewer
Ek hou baie van die skrywe. x
-
Kiekies
Jy verstaan hierdie onderwerp en het dit puik beskryf!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe jy beskryf die Swart hond puik tannie Babs, maar soos jy se.. mens kan dit oorwin