Die gedig is vir jou
Ek skryf die, vir jou,
Want jy verdien ‘n gedig
Jy verdien meer as dit
Jy verdien die wêreld,
Maar al hoe ek my hart kan gee
is as hy soos ‘n gedig lyk
Ek skryf vir jou oë
Want ek weet die blink steek ‘n leeftyd se seer weg
Ek skryf vir jou hart
‘n woord vir elke stukkie
Ek skryf vir jou hande
Wat té gewoond is om trane af te vee
Ek skryf vir jou glimlag
So skaars en seer soos wat hy is
Ek skryf dié, vir jou,
Want ek wil hê jy moet weet –
Trane, soos wolke, kom en gaan,
Maar die hemel bly altyd in plek.
So vee af jou trane,
En glimlag,
Want jy is ‘n gedig
3 Kommentare
-
Viooltjie
Baie mooi, Niel. Goed gedoen :-)
-
Kiekies
Ai Niel, pragtige gedig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
wow.. dis so pragtig en opreg vasgepen... ek hoop sy waardeer jou!