Jongste aktiwiteit:

Gister-ek

Ek wens ek kon met myself praat,
Maar nie op so ‘n manier wat ek mal lyk nie

Ek wil met die ek praat wat amper nie eers ek is nie
Die ek wat nog vashou aan seer
Die ek wat in sy bed lê en bang is vir more
Die gister-ek

As ek net ‘n kans kon kry
Om ‘n draai by hom te maak
Net om vir hom te sê
Dat hy maar rustig kan slaap

Want die vandag-ek
Is meer as ok
En as die gister-ek dit geweet het
Kon ek gisteraand meer slaap in kry

Vanaand dink ek weer
Aan ‘n klomp ander goed
Terwyl ek vir die morê-ek wag
Want hys ook seker nou al lekker moeg




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed