gerigte
selfs op my effe klam duin
is daar ‘n gerigte en duidelike spoor
alles gebeur met ‘n plan
in die holtes van my siel
lewe daar baie ou gedagtes van weleer
alles word gestoor, herkou
wees nie bevrees nie
alles is altyd in beheer – is dit so
wat vertel my ervaring my
selfs in gerigte tye
hoor my hart en emosies baie gerugte
dinge wat dalk leuens is
hoekom is eerste reaksie
so dikwels die een van vrees en bewing
verstomp die gevoel nooit
heel my lewe is daar rigting
so dikwels moeilik om te bespeur, te volg
met ondersoek kry jy dit wel
soos ‘n goue draad
wat lewe voorspel selfs na die dood
word my siel nooit kwaad
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.