
gesteelde jeug
wanneer jong harte oor my duin stap
met lewensverwagting en harte vol liefde
sien ek weer my jeug in onafhanklike
dalk selfsugtige realiteit oor en oor
nederigheid was daar oor genoeg
sagmoedigheid en geduld ook
ons was rou en ongedeerd
lewe was oop voor ons
nie gekleed met dood
moord, barbarisme
of ewige vrees nie
verraad teen ons
jeug van vandag
brand diep soos
‘n kanker seer
wat groei
en teer
op hul
lewe
vanself
©Teárlach
3 Kommentare
-
Kiekies
Gesteelde jeug inderdaad! Goed gedoen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
dink u sien die verskille in die jeug van u tyd en die jeug van die tyd en hoe groot mate die wêreld n hou vas op ons almal het. welgedaan.