Gieters van gister
Gee my jou winter
en ek stuur vir jou somer’reen
bring vir my die lente
vou my toe met jou soet geur
Wanneer die son
die oggend oproep
mimiek die gevoel in my binneste
skielik voel ek weer alleen
Ek wag vir jou die in skemermistigheid
van nou straatjies
met herfstrane op my wang
wat tussen groen blare hang
Die grys van die wolke
die suising van die wind
en wie van die mensdom verstaan sy gefluister?
ja, wie in die wêreld sal daarna luister …
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek